‘n Idee van die geweldige
opdrifsels en dryfhout huidiglik in die Wilgerivier
• Editorial staff
‘n Verstommende storie is die Let The River Flow-projek wat deur een man aan die gang gesit is - Peter Hawley van Gauteng in die Wilgerivier op sy vloei deur die Vrystaat onderweg na Gauteng.
Hawley het toevallig gesien hoe toegeslik die Wilgerivier by Frankfort met houtopdrifsels geword het, trouens in die hele rivier in sy loop vanaf die Oos-Vrystaat na Gauteng, die nywerheidshartland van SA.
Hoewel slegs 'n sakeman van Gauteng met beperkte vermoë, het Hawley met merkwaardige passie 'n ambisieuse rivierskoonmaakprojek aan die gang gesit, waarby later verskeie korporatiewe vennote ingeval het, asook steun getrek is van die Vrystaatse provinsiale regering.
Die projek behaal voorwaar uitstekende resultate - kry meer inligting daaroor by www.lettheriverflow.co.za.