Voorgestel om Raymond Mhlabastraat te word. Foto: Attie van Rensburg
• Redaksie
Volgens advertensies van die Vrystaatse LUR vir Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, in samewerking met die Mangaung Metro Munisipaliteit en ander geaffekteerde munisipaliteite, word openbare verhore in Desember 2011 gehou om die volgende voorgestelde naamveranderinge te bespreek:
Bloemfontein
Maitlandstraat na Charlott Maxekestraat
Andries Pretoriusstraat na Raymond Mhlabastraat
Curielaan na Govan Mbekilaan
Haldonweg na Walter Sisuluweg
Paul Krugerstraat na OR Tambolaan
Eeufeesweg na Kenneth Kaundaweg
Bankovs na Elias Motsoaledistraat
Universitas Akademiese Hospitaal na Albertina Sisulu Akademiese Hospitaal
Mangaung Hospitaal na Dr. Matlhape Hospitaal
Bloemfontein Internasionale Lughawe na Bram Fischer Internasionale Lughawe
Mangaung Metro Streekskantoor na Lesley Monnanyane Gebou
Hoffman Plein na Mapikela Plein
Provinsiale Regerings Gebou na Caleb Matshabi Gebou
Medfontein Gebou na Martha Mothlakoane Gebou
Chris de Wet Gebou na Gabriel Dichabe Gebou
Nasionale Departement van Openbare Werke: VS Streeksgebou na Ellen Khuzwayo Gebou
Botshabelo
Botshabelo Stadion na Kaizer Sebothelo Stadion
Botshabelo Hoofweg na Jazzman Mokgothu Hoofweg
Ladybrand
Ladybrand Hospitaal na Senorita Nhlabathi Hospitaal
N8 Corridor Development na King Moshoeshoe Development Corridor
Trompsburg
Trompsburg Hospitaal na Albert Nzula Hospitaal
Kommentaar kan gelewer word voor 5 Desember 2011 aan: Mnr. Jeff Mphomela,Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning – hoek van Henry-en Oos-Burgerstraat, Business Partners Gebou, Kamer 226, tel: 051 410 4703 sel: 072 535 2144, jeff@sacr.fs.gov.za
Die algemene reaksie in die sakesektor op die voorgestelde naamsveranderinge is een van skok en ongeloof, veral oor die moontlike verandering van gevestigde name dikwels meer as 'n eeu oud, die geweldige koste-implikasies wat onvermydelik sou wees vir beide publieke en privaatsektor en die verwarring wat dit vir die publiek oor die algemeen vir 'n onbepaalde tyd kan skep.
Voorts word gevra hoe die Mangaung Metro Munisipaliteit met sy vervalle infrastruktuur, swak dienslewering en groot finansiële probleme die voorgestelde naamsveranderinge wil finansier.
Die eerste openbare vergadering in Bloemfontein oor die voorstelle is 13 Desember 2011, om 17:00, in die Bloemfonteinse Stadsaal.