

Current Edition >> Archives Section >> Spot Coverage >> March 2005
Daar steek meer agter die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Jool as net die optog wat mense elke jaar in Bloemfontein se strate aanskou.
Volgens die Joolbestuurder, Karen Scheepers, is die optog nie die enigste projek wat deur Jool geloods word nie. Sy sê dat dit 'n wanpersepsie is wat onder die publiek heers. “Dit is maar een groot projek wat die publiek sien, verder verkoop ons ook Joolblaaie in die Vrystaat en Noord-Kaap en daar word kollektes en 'n damestee gehou.”
Die semi-finaliste vir Jool 2006 word reeds binnekort aangewys. Hulle word beoordeel op grond van hulle fondsinsameling en sal dus vanjaar by besighede in die Vrystaat kom aanklop vir borgskappe. “As 'n besigheid 'n finalis finansier, hou dit verskeie voordele in. Besighede kry reklameblootstelling in die Joolblad en by die kroningsbal,” sê Scheepers.
In 2004 het Vrystaatse besighede in totaal meer as R700 000 aan die Jool geskenk. Hierdie donasies gaan direk na liefdadigheid. Verskeie organisasies in die Vrystaat en Noord-Kaap ontvang van hierdie bydraes, bv. kinderhuise, ouetehuise, jeugsentrums en ook verskeie organisasies vir gestremdes.
Scheepers is van mening dat Jool definitief tot ontwikkeling in die Vrystaat bydra. “Ons wil graag mense help om hulself te bemagtig, sodat hulle onafhanklik kan funksioneer.”
Daarom doen sy 'n beroep op besighede in die Vrystaat om “aan die mooi meisies wat aan hul deure kom klop”, donasies te gee.
Terselfdertyd leer Jool studente om verantwoordelikheid te aanvaar vir die gemeenskap waarin hulle bly. Dit help hulle ook om ervaring in die sakewêreld op te bou,” sê sy.
Scheepers voeg by dat twee voltydse personeellede in die UV Joolkantoor aangestel is ten einde kontinuïteit aan die Joolkantoor te verleen. Vir verdere navrae kan die Joolkantoor geskakel word by (051)- 401 2718.
Reports of problems with water in Free State towns have surfaced time and again for the past few months. Complaints include a shortage of water and water pollution. Fingers have been pointed at municipalities for bad management and for big debts as well as putting too much pressure on existing infrastructure.
According to an employee at an institution involved with water quality in the Free State, who preferred to stay anonymous, possible reasons for the problems in the Free State are developments which took place too quickly, and the essential infrastructure couldn't keep up. “There is never enough money and people who work with the water systems aren't properly trained. Water and sewage management just isn't a priority to most municipalities, so money doesn't get spend on it. If long-term planning isn't done, we are going to sit with the same problem every year.” , he says.
In response to allegations made against his municipality, Khogane Madiba, the Communication and Marketing Manager of the Moqhaka Municipality, stated that the municipality went to sit down to solve the problem as soon as it arose. “If it hasn't rained enough in two to three months, the Kroonstad region will be declared a disaster area." Madiba warned that the municipality is looking at launching a fine system for people not complying with the water restrictions.
According to Dr. Johan van der Merwe, Deputy Director Water Quality of the Department of Water Affairs in the Free State region, the Free State is the only province where the government really knows what is going on with the province's water. “We are the only department who took the initiative to contact the WNNR to perform tests on the water.”
Van der Merwe stated that there are only four towns in the province that experienced problems with water quality. These are Jagersfontein, Dealesville, Boshoff and Hertzogville. Solutions to these towns' problems have already been found.
Van der Merwe appealed to people to be realistic. “Just like other businesses, there are stuff that can go wrong, but we do take action to solve the problems.”
Information on the water quality in the Free State will be published quarterly on the Department's website, so that people can monitor the situation in the province, Van der Merwe said.
As for the drought in the Free State, the chairman of Grain SA, Bully Bothma, said that the government must stop using crisis management in the drought situation, but should rather look at long-term solutions.
The Chief Engineer of the “Bo-Oranje” catchment-area of the Department of Water Affairs, Dries Visser, says that the Department will look at the water situation at the end of April to decide on whether water restrictions should be put in place for the rest of the province.
Die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme, in samewerking met die Toerisme Besigheidsraad van Suid-Afrika, het 'n konsep-telkaart vir die transformasie van en bemagtiging in die toerismebedryf bekendgestel.
Volgens die Departement se webwerf, is die transformasie van die toerismebedryf, wat in lyn is met die Wet op Swart Bemagtiging, 'n prioriteit vir beide die regering en die bedryf.
Die voorsitter van die komitee wat die konsep-telkaart moes opstel, mnr. Tim Modise, het dit in Desember aan die Minister van Omgewingsake en Toerisme mnr. Marthinus van Schalkwyk, oorhandig.
Die Vrystaat Sake Bulletin het 'n paar prominente rolspelers en produkeienaars van die Vrystaat per epos genader vir kommentaar oor die telkaart, maar het geen reaksie ontvang nie.
Meer inligting oor die telkaart is beskikbaar by www.environment.gov.za.
Die Kersseisoen word gekenmerk deur hoë verkoopsyfers vir verskeie sektore, aangesien baie mense met vakansie gaan of hul Kersinkopies gaan doen. Die Vrystaat Sake Bulletin het gaan vasstel of dit in Bloemfontein ook die geval was.
Volgens Danie de Goede, algemene bestuurder van Mimosa Mall, het die inkopiesentrum 'n algemene groei van 18% op Desember 2003 se syfers getoon.
Die bestuurder van 'n landswye kleinhandelaar het aangedui dat hulle verkope oor die kerstydperk “absoluut silly” was, met rekordsyfers wat behaal is oor Kersfees. Moontlike redes wat hy vir hierdie syfers aangedui het is dat mense meer kontant tot hulle beskikking het as gevolg van laer rentekoerse. “Mense het hulle skuld afbetaal en kon daarom meer koop.”
'n Direkteur van Kloppers, mnr. Dirk Klopper, het aangedui dat hulle verkope oor die tydperk met 20% gestyg het. Volgens hom het goedkoper pryse van veral elektroniese ware gesorg dat mense meer inkopies doen. Hy stem saam dat daar 'n positiewe gevoel in die handelsektor is as gevolg van die laer rentekoerse.
'n Landswye kruidenierswinkel het ook 'n 20% groeisyfer getoon, danksy “'n groter reeks produkte”, volgens die bestuurder.
Mense in Bloemfontein het dus meer gekoop, maar hoe het Bloemfontein toerismebestemming oor die Kerstydperk gevaar?
'n Werknemer by die Shell Pit-Stop Garage het aangedui dat besigheid daar effens gedaal het. Moontlike redes wat hy hiervoor aangetoon het is dat die tolhekke op die N1 vir baie mense te duur geword het en verkies hulle eerder die N3 met KwaZulu-Natal as eindbestemming. Verder het vlugkostes ook baie gedaal, wat veroorsaak dat minder mense per motor van Johannesburg tot Kaapstad reis.
“Daar is baie onbenutte potensiaal by die garages op die N1 rondom Bloemfontein. Mangaung Toerisme kan die garages as vertoonvenster gebruik om mense te lok om eerder in Bloemfontein te oornag as op Colesberg.”
Die Direkteur van Bloem Engen 1 Stop, Sampie Pienaar, het egter aangedui dat sy diensstasie besiger was as vorige jare. Hy is van mening dat mense meer geld het om te spandeer, as gevolg van prysverlagings.
Wanneer dit egter by gastehuise in Bloemfontein kom, blyk dit dat meeste maar 'n stil Kersseisoen beleef het. Baie van die gastehuise was gesluit en die wat wel oop was het 'n relatiewe stil Kersfees gehad. Slegs een gastehuis buite Bloemfontein het aangedui dat hulle 99% vol was oor die hele Desember tot in middel Januarie.
Ook restaurante het gemengde reaksies getoon. Baie het verkies om oor die Kerstyd toe te maak, terwyl ander stil was. Een landswye gesinseetplek het egter aangetoon dat hulle 'n 26% groeisyfer op ander jare gehad het.
Die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme, in samewerking met die Toerisme Besigheidsraad van Suid-Afrika, het 'n konsep-telkaart vir die transformasie van en bemagtiging in die toerismebedryf bekendgestel.
Volgens die Departement se webwerf, is die transformasie van die toerismebedryf, wat in lyn is met die Wet op Swart Bemagtiging, 'n prioriteit vir beide die regering en die bedryf.
Die voorsitter van die komitee wat die konsep-telkaart moes opstel, mnr. Tim Modise, het dit in Desember aan die Minister van Omgewingsake en Toerisme mnr. Marthinus van Schalkwyk, oorhandig.
Die Vrystaat Sake Bulletin het 'n paar prominente rolspelers en produkeienaars van die Vrystaat per epos genader vir kommentaar oor die telkaart, maar het geen reaksie ontvang nie.
Meer inligting oor die telkaart is beskikbaar by www.environment.gov.za.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.