

Current Edition >> Archives Section >> Spot Coverage >> April 2005
Eiendomsontwikkelings van miljoene rand deur plaaslike sakemense is die afgelope ruk in Welkom aangekondig. Die eiendomsmark vaar besonder goed, met 'n waarneembare tendens van al hoe meer stedelinge wat na groeipunte op die platteland verhuis. Hoewel huispryse te Welkom 'n definitiewe styging toon, wissel dit tussen sowat R200 000 en R1,8 miljoen .
Een van die Welkomse sakelui wat plaaslik terugploeg, is mnr. Cobus Coetzee, stigter en eienaar van Chicken King wegneemetes wat sy eerste winkel 'n paar jaar gelede te Welkom geopen het maar wat intussen uitgebrei het na 26 Chicken King bedryfsregwinkels landswyd. Coetzee belę tans in 'n meenthuiskompleksontwikkeling van sowat R5 miljoen in Welkom. Dit is 'n hoësekuriteitskompleks met 'n elektriese heining, elektroniese hekke en veiligheidsbeamptes op die perseel. Individuele eenhede word bemark teen sowat R450 000 elk.
• Project to collect debt for Matjhabeng: A large-scale project has been launched to collect the R640 million in service fees that residents of Matjhabeng (Welkom, Odendaalsrus, Virginia, Hennenman, Allanridge and Ventersburg) still owe the municipality. A new credit management system is being used and residents not paying will have their services suspended. Non-paying residents and businesses will get their services suspended if they don't have an agreement with the municipality to pay off outstanding debts.
• Hotel tot volle glorie herstel: Die ou Hotel Golden Orange in Welkom, wat op sy dag deur ministers besoek is, gaan nou in 'n projek van sowat R20 miljoen tot sy volle glorie herstel word. Die grondverdieping van die hotel gaan in 'n inkopiesentrum met verskeie restaurante omskep word. Minstens vier nasionale restaurantgroepe, wat nog nooit in Welkom sake gedoen het nie, stel belang.
Nominasies vir 2005 se Oud-Kovsie van die Jaar, Cum Laude-toekenning en Alumnibond-toekenning vir uitsonderlike diens aan die Universiteit van die Vrystaat word tans ingewag.
Die Oud-Kovsie van die Jaar-toekenning word toegeken aan 'n oud-Kovsie wat op nasionale of internasionale vlak uitsonderlik presteer het. Die Cum Laude-toekenning gaan aan 'n alumnus wat sukses behaal het op sy/haar beroepsterrein. Die Alumnibond Nasionale Bestuurstoekenning word toegeken aan 'n persoon wat uitsonderlike diens aan die UV gelewer het en nie noodwendig 'n oud-Kovsie is nie.
Nominasies vir die toekennings kan, tesame met 'n kort motivering, aan Jeannette Jansen, Universiteit van die Vrystaat Bemarking, Posbus 2319, Bloemfontein, 9300 gestuur word.
Following the success of the previous three annual programmes presented to township schools in the Northern Free State, Northern Free State District Municipality during May 2005 hosted in smaller towns in the region the township road-show for adventure tourism 2005.
The programme is divided into three phases, i.e. the presentation phase where schools are visited and information regarding the programme presented, the actual phase where games are played in die township areas and the final selection phase where learners are trained for the weekend and selected for national finals.
The presentation phase took place from 16-20 May at schools in Deneysville, Villiers, Tweeling, Heilbron and Matlwangtwang. The 2005 bursary holder, Mr. Jabulani Skosana from Qalabotjha, Villiers in conjunction with the On Track Adventure Tourism Club, presented the activities at the various schools.
The actual phase took place at Refengkgotso, Qalabothja, Phirotona and Matlwangtwang townships where games were played from 23 May to 3 June 2005.
Learners with the best times were chosen for the Adventure Weekend to be held at Hakuna Mathata Adventure Tourism Resort, near Parys from 24-26 June 2005.
For more information, contact Mantsho Thato at (016) 976 0765.
Tydens die eerste vergadering van die interim Direksie van die Sentrale Cheetahs Super 14 Maatskappy gehou in Bloemfontein, is die finansiële plan, wat deel uitmaak van die finale besigheidsplan, goedgekeur. Die besigheidsplan is vervolgens by die SA Rugby-unie ingedien.
Op die interim Direksie dien verteenwoordigers van die rugby-unies van die Cheetahs, Griffons en Griekwas, terwyl die bestuurspan van die maatskappy bestaan uit mnr. Harold Verster (besturende direkteur), mnr. Cassie Carstens (kommersieel, bemarking en openbare betrekkinge), mnr. Gerhard Steyn (finansies), mnr. Eugene van Wyk (spanaangeleenthede) en mev. Gerda von Solms (administrasie). Die spanbestuur bestaan uit mnr. Eugene van Wyk (sameroeper), mnr. Rassie Erasmus (hoofafrigter) en mnr. Kobus van der Merwe (hulpafrigter).
Tans word dringend aandag gegee aan die handelsmerk, klerasie en bemarking van die Sentrale Cheetahs bedryfsregspan, terwyl 'n strategiese plan vir die Super 14-span en die ondersteunende spanne van die drie unies ontwikkel word.
The only bookchain in SA offering 33,3% buy back - that is one of the outstanding characteristics of Brainbooks founded in 1997 and focusing on prescribed textbooks for university students. They currently have four stores in Pretoria, Cape Town, Bloemfontein and Potchefstroom.
Books can also be ordered online at www.brainbooks.co.za or at the national call centre at 0861 002 002. The call centre focus on Unisa students and orders of over R300 have free delivery countrywide.
For more information visit Brainbooks Bloemfontein at Bloemgate Centre, Nelson Mandela Drive or call at 051 444 5447.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2005 Web D-Zign Inc. All rights reserved.