

Current Edition >> Archives Section >> Spot Coverage >> 1 - 15 July 2003
Volgens die begrotingsoorsig vir 2003/4 aangebied deur die VS LUR vir Landbou Mann Oelrich in die Wetgewer, was die afgelope 12 maande “'n buitengewone goeie jaar” vir Vrystaatse landbouprodusente. Volgens Oelrich was die bruto inkomste van Vrystaatse boere verlede jaar R11,3 miljard, 40,4% hoër as die vorige jaar. Hiervan was R7,4 miljoen uit gewasse, wat 33% van die land se mielies, 51% van die sorghum en 32% van die koring verteenwoordig en wat die Vrystaat die grootste graanprodusent in die land maak. Die provinsie is ook die tweede grootste produsent van sonneblomsaad, grondboontjies en droë bone. Veeboerdery in die provinsie het met 18,2% gestyg, terwyl 23% van alle wol en 18% van suiwelprodukte in die land in die Vrystaat geproduseer word.
Die redes vir die goeie jaar word, benewens gunstige reëntoestande, toegeskryf aan verbeterde agri-verwerking, groter benutting van plaaslike produkte en meer vennootskappe tussen die private en openbare sektor. Wat betref die totale begroting van R170,1 miljoen van die VS Dept. van Landbou vir 2003/4, gaan R96 miljoen aan landbou-ontwikkeling en tegniese dienste en R50 miljoen aan korporatiewe dienste. Hoogtepunte genoem in die verslag is die goedkeuring van 126 grondhervormingsprojekte vir 2 047 begunstigdes, 'n besteding van R33 miljoen aan grondhervorming en die loodsing van 'n reeks opleidingsprogramme.
Mr. Charles Ochse has been appointed as Marketing Manager of the Free State Business Bulletin. With 35 years' experience in journalism, inter alia with Rapport for 13 years, where he became SA's first Sportswriter of the Year and a stint with the SABC, Charles also served for 12 years as Public Relations Practitioner of the Free State Development Corporation (FDC). He is one of the few chartered public relations practitioners (CPRP) in the Free State. Charles says at the Free State Business Bulletin his experience is flowing together and he regards it as a huge challenge to provide the best service to the province's business and governmental sectors.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.