.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Spot Coverage >> 27 March 2007


Sakeflitse / Pointers


Lesotho-Hoogland nuwe geleenthede: Die tweede fase van die Lesotho-Hoogland-waterprojek gaan moontlik sorg vir nuwe sakegeleenthede. Suid-Afrikaanse sakelui is op 'n kleinsakeberaad in Bloemfontein aangemoedig om ondernemings in die buurland te vestig. Van die aansporings wat die Lesotho regering bied, sluit onder meer in maatskappy-belasting van slegs 15%, geen BTW op ingevoerde grondstowwe en kapitaaltoerusting nie, asook finansieringshulp vir uitvoer.

Raubex lists on the JSE: The Raubex Group will become the first Bloemfontein based company to be listed on the JSE – one of the biggest listings in recent times. The Group has business interests across South Africa and also operates in Zambia, Namibia and Lesotho and consists of three divisions – the rehabilitation en resealing of roads is handled by Roadmac, Raubex Construction builds new roads and Raumix supplies crushed rocks to the construction industry. The company has been BEE since 2004 and is 24% owned by black stakeholders. The shares are expected to start at between R13,50 and R15, which would imply a market capitalization of R2,4 billion.

De Beers wag op aanbod vir NK-myn: De Beers Consolidated Mines is op soek na belangstellendes wat sy ondergrondse myne in Kimberley, wat einde 2005 gesluit is, asook van sy ongebruikte mynhope in en om die stad, wil koop. Dit word gedoen omrede hierdie myne nie meer by De Beers se herstrukturering en kostestruktuur inpas nie, maar die maatskappy is van mening dat ander ondernemings dit dalk lewensvatbaar mag vind.

Min VS entrepreneurs behaal sukses: Slegs 6% van alle entrepreneurs in die Vrystaat het die nodige dryfkrag om sukses te behaal, aldus 'n studie van dr. Johan van Zyl van die Universiteit van die Vrystaat se Eenheid vir Volhoubare Entrepreneurskap. Die studie is gedoen in opdrag van Premier Beatrice Marshoff met die oog op potensiële Nederlandse belegging in QwaQwa. Die studie het bevind dat 48% van entrepreneurs in die provinsie gr. 12 as hoogste kwalifikasie het, 'n omset van ongeveer R2 000 per maand behaal en net-net daarin slaag om selfonderhoudend te wees.

Plaasmoorde in SA skending van menseregte: Amerika het kennis geneem van die hernude uitbraak van geweld en moorde in Suid-Afrika en verwag 'n verbintenis van die regering om die menseregte van sy burgers te beskerm. Amerika het vir die eerste keer in 'n omvattende verslag na plaasaanvalle in Suid-Afrika as 'n ernstige menseregteskending verwys. Verder maak die verslag ook melding van vergrype op gevangenes, deurlopende geweld teen vroue en kinders, mensehandel, en kinderprostitusie. Die verslag verwys na 'n Suid-Afrikaanse polisieverslag van Junie 2005 wat aandui daar was 636 plaasaanvalle en 88 plaasmoorde in die 12 maande voor 31 Maart 2006. Luidens die verslag word die aanvalle om ekonomiese redes en nie weens rasse- en politieke redes uitgevoer nie.

Reitz beoog om veiligste SA dorp te wees: Reitz het 'n positiewe stap geneem in die stryd teen misdaad deur koordlose kameras op strategiese plekke aan te bring. Beide sakelui en inwoners is positief nadat die Reitz-Besigheidsforum (RBF) 'n suksesvolle vergadering oor misdaad en veiligheid gehou het. Die kameras is aan 'n rekenaarstelsel by Riemland-beheer gekoppel en lę misdaad en misdadigers op film vas. Die stelsel sal ook al die toegangspaaie om Reitz dek sodat daar ten alle tye waarnemings is, veral om motordiefstalle te beperk. Verteenwoordigers van Reitz se Besigheidsforum het hul volle ondersteuning en goedkeuring vir hierdie projek gegee.

Patala pays off: The Free State Business Bulletin reported earlier on the success of the Patala campaign launched by the Matjhabeng Municipality. It would now seem that the campaign is still bearing fruit and the municipality boasts with a payment rate of 103%. This can largely be attributed to mayor Mathabo Mokapo's Operation Patala. The council's income for January was more than R50,7 million, while they only spent R45 million. Since the inception of Patala 5 200 non-payers have been cut-off, more than 3 200 ratepayers made arrangements to pay off their arrears and the council’s outstanding account has been reduced from R50 million to R10,5 million.

New tourism centre near Vredefort: The new R12 million Gateway Centre near the Vredefort Dome got underway recently. The concept of the centre originated with job creation for the local inhabitants of Mokwallo near Vredefort in mind, but has since developed into a full-fledged info centre that will also serve as an informal commercial centre and southern entrance to the Vredefort Dome. Representatives from the Free State as well as the North West attended the opening function.

Two prospective radio stations for Bloemfontein area: Two prospective radio stations from Bloemfontein have submitted applications with the Independent Communications Authority of South Africa (ICASA) to broadcast as community radio stations, viz. MedFM and Motheo FM. Both applications are for the frequency 88.5 MHz. The ICASA hearing took place in the Mangaung City Hall, Bloemfontein on 2 March 2007, chaired by Ms Momodupi Mohlala. According to Ms Heléne van Niekerk of MedFM they intend serving as the first health and wellness dedicated radio station in Africa broadcasting 24/7 in both South Sotho and Afrikaans in the Bloemfontein area. As far as the future, MedFM plans to go digital and reach a wider audience via satellite. This will also generate a big financial boost for Bloemfontein. According to ICASA communication and liaison officer, Mr Josias Mathiba, ICASA is deliberating on the two applications and will make its decision known in due course.



Groot ontwikkelingsprojekte in Vrystaat nie voldoende om aandeel van provinsie in land se ekonomie te vergroot nie


Word al die grootste ontwikkelingsprojekte wat in die Vrystaat aan die gang is of aangekondig is vir loodsing binne afsienbare tyd, saamgegooi, dan is dit, in vergelyking met die vinnige pas van ontwikkeling in die res van die land, nie genoeg om die 5,3% aandeel van die Vrystaat in die bruto nasionale produk te vergroot nie.
Hoewel, sover die Vrystaat Sake Bulletin kan vasstel, daar in die Vrystaat tans sowat 27 groot ontwikkelingsprojekte ňf aan die gang of in die pyplyn is, is hul steeds in omvang en impak so beperk dat hulle in vergelyking met die groot aantal mega-projekte elders in die land, nie juis 'n verskil maak nie.
In bv. Gauteng, veral in die Ekhurhuleni-gebied aan die Oos-Rand, in die platinumbedryf in die Rustenburg-omgewing in Noordwes, in die Wes-Kaap, in die Durban-streek van KZN, met die Coega-projek by Port Elizabeth, ens. vind soveel ontwikkeling van mega-omvang plaas, dat dit die relatief kleiner ontwikkelings in die Vrystaat feitlik verdwerg.
Sover die Vrystaat Sake Bulletin kon vasstel, is die volgende 'n opsomming van die 24 grootste ontwikkelingsprojekte tans op die kaarte vir die Vrystaat: Bloemfontein: Groot ontwikkelings in Bloemfontein is feitlik sonder uitsondering residensieël van aard en behels o.m. die volgende:
Ceciliapark wat vanaf hierdie maand aan die westekant van die stad suid van Langenhovenpark ontwikkel op 'n gebied van 151 ha. Die ontwikkelaars is Property Commerce van Bloemfontein saam met Pinnacle Point Operations van Kaapstad. Die ontwikkeling behels ‘n totaal van 1 690 wooneenhede, terwyl ook erwe vir twee kleuterskole, 'n primęre skool en 'n besigheidsenstrum geoormerk is.
Te Lilyvale noord van die stad en wes van Raytonweg op pad na die Botaniese Tuine is pas begin met die ontwikkeling van 'n volledige sekuriteitsdorpie bestaande uit 124 voltitelerwe, 470 meenthuise en twee groot besigheidspersele. Die ontwikkeling, deur Homenet Imberba, word gedoen op 60 ha teen 'n totale projekkoste van sowat R800 miljoen.
Te Maselspoort Oord gaan na berig word 'n private dorpie rondom die bestaande oord ontwikkel word deur die firma CMAI Ontwikkelingsbeplanners & Argitekte. Die voorgestelde dorpie sluit in 400 huise volgens verskillende temas, asook geriefswinkels, dokterspreekkamers, 'n kliniek, kantoor- en besigheidsruimte en 'n bewaarskool.
In Pentagonpark in die noordelike deel van die stad is die Danso Besigheidstrust tans in 'n proses om 13 meenthuiskomplekse met altesaam 700 wooneenhede asook 'n kantoorblok te ontwikkel.
Aangrensend aan Northridge Mall word die eksklusiewe Crassula meenthuisontwikkeling gedoen bestaande uit 160 losstaande meenthuise volgens vier verskillende basiese planne. Die ontwikkelaars is ook Property Commerce en die projek sal na verwagting teen 2008 voltooi word.
Die ander groot ontwikkeling te Bloemfontein is die opgradering van die Vrystaat Stadion met die oog op die 2009 Konfederasiebeker en die 2010 Węreldbeker ten einde plek te maak vir 45 000 toeskouers i.p.v. die huidige 38 000 en ook om toegangs-, media- en BBP-geriewe te verbeter. Die ontwikkeling word vanaf Julie vanjaar in drie fases gedoen teen 'n totale beraamde koste van R280 miljoen en behoort teen Augustus 2008 voltooi te wees. Wat egter belangrik is, is dat die opgradering van die stadion gepaard gaan met 'n intermodale vervoerontwikkelingsprojek in Bloemfontein/ Mangaung teen 'n totale koste van R500 miljoen, d.w.s. 'n totale ontwikkelingskoste van R780 miljoen.
Sasolburg: Die plek in die Vrystaat waar naas Bloemfontein die grootste ontwikkelings plaasvind, is Sasolburg.
Onlangs het Sasol Solvents in die reeds bestaande węreldklas nywerheidskompleks op die dorp 'n n-butanol- en akriliese suuraanleg voltooi teen 'n koste van meer as R2 miljard, terwyl projekte van Sasol Wax so omvangryk is dat dit van die dorp die washoofstad van die węreld kan maak. Verskeie ander verwante nywerheidsontwikkelings van die Sasol Groep op die dorp word ook tans van stapel gestuur.
Daarby is die maatskappy Welgelegen 181 Sasolburg tans besig om die Naledi Nywerheidspark op 213 ha noordoos van die dorp te ontwikkel. Van die eerste 280 erwe wat in Fase 1 geproklameer is, is nog slegs 71 beskikbaar. Belangstelling van nyweraars veral uit Gauteng om in die nywerheidspark te vestig, is uitstekend.
Terloops, interessant is dat van die vyf streke in die Vrystaat, die Motheo-distrik waarbinne Bloemfontein val, met 33% die grootste bydrae tot die Vrystaatse BNP lewer, terwyl Fezile Dabi-distrik waarbinne Sasolburg val, met 32% die tweede grootste bydrae maak. Lejweleputswa-distrik (Goudveld en noordwes-Vrystaat) is derde met 21%, gevolg deur Thabo Mofutsanyana (Oos-Vrystaat) met 11% en Xhariep met 3%.
Harrismith: Te Harrismith en omgewing is verskeie groot projekte tans in 'n proses om plaas te vind of word binnekort aangepak.
Die eerste is die Braamhoek Pompopgaar-skema wat 23 km noordoos van Van Reenen as 'n hidro-elektriese kragsentrale ontwikkel word. Dié agtjaar projek sal bestaan uit twee damme aan die bo- en onderkant van die platorand, 'n ondergrondse kragopwekkerkompleks en toegangstonnels en sal 'n kapasiteit van 1 330 MW hę. Die projekkoste beloop ongeveer R8,9 miljard en die skema behoort teen 2012 in volle werking te wees.
Op Harrismith word 'n volwaardige vervoerhub ontwikkel wat voorsiening maak vir pad-, spoor- en lugvraghantering. Die doel daarvan is om die swaar verkeer van die N3 tussen Gauteng en KwaZulu-Natal te fasiliteer en ook om die druk op Durban-hawe te verlig. Die hub, wat deur Premier Beatrice Marshoff in haar openingstoespraak van die 2007 Vrystaatste Wetgewer uitgelig is as een van die vlagskipprojekte van die provinsiale regering, sal na beplanning oor die volgende vyf jaar teen R4,6 miljard ontwikkel word.
Ook te Harrismith word tans die Intabazwe Korridorontwikkeling as 'n gemengde residensiële en besigheidsontwikkeling op 'n gebied van 100 ha van stapel gestuur. Die ontwikkeling bestaan uit 1 400 residensiële eenhede, 'n winkelkompleks, kantooreenhede, 35 nywerheidspersele, gemeenskapsfasiliteite, 'en ‘n kulturele toerismesentrum. Die ontwikkelaars is Letsatsi Property Group, die ontwikkelingskoste van die residensiële gedeelte alleen word geraam op sowat R450 miljoen.
Steeds te Harrismith word die Tsiame A splinternuwe woongebied aan die weste van die dorp ontwikkel met 90 voltooide en toegeruste huise van verskillende ontwerpe. Die ontwikkelaars is Acorn Property Investments.
Bothaville: In terme van potensiële belangrikheid vir die ekonomie van die Vrystaat, is die beoogde bio-brandstofaanleg van Ethanol Africa op die dorp hoog op die lys. Na beplanning sal dit die eerste mielie-na-etanol produsent in Suid-Afrika wees, in staat om 63 000 liter bio-diesel uit 1 125 ton witmielies per dag te produseer. Daar word gesę dat tot 10 000 direkte en indirekte werksgeleenthede deur die aanleg geskep kan word. Volgens die jongste aanduidings het die projekkoste geëskaleer vanaf die aanvanklike R640 miljoen tot die huidige beraamde R1 miljard. Ongelukkig is die jongste aanduidings ook dat bouwerk aan die aanleg voorlopig eers gestaak is afhangende van finansiële-, tegniese- en omgewings-ondersoeke.
Bethlehem: Alhier is die Bethlehem hidro-kragsentraleprojek ter waarde van R45 miljoen in die konstruksiefase sedert Desember 2006. Dit sal by voltooiing in tot 20% van die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit se elektrisiteitsbehoeftes voorsien. As 'n fasiliteit wat sg. “groenkrag” sal voorsien, is hierdie 'n eerste van sy soort in die land. Die projek word deur NuPlanet van die Nederlande, die DBSA en die Sentrale Energiefonds gesamentlik gefinansier.
Voorts word berig dat te Bethlehem 'n Waterfront ten totale koste van R1 miljard beplan word tussen Loch Athlone, die Jordania-woongebied en Bethlehem-lughawe. Bouwerk sal na beplanning teen 2008 begin vir 'n kompleks bestaande uit o.a. 'n winkelsentrum, hoëdigtheidsresidensiële eenhede, 'n hotel en 'n aftree-oord. Die ontwikkelaars is die Orion Groep van Johannesburg in samewerking met die SEB onderneming Blacky.
Kroonstad: 30 km vanaf die dorp op die Vredefortpad is De Beers Consolidated Mines besig met die ontwikkeling van die nuwe R1,3 miljard Voorspoed oopgroef diamantmyn, die grootste De Beers projek in SA in 27 jaar. Dit behoort tot soveel as 900 000 karaat jaarliks te lewer. Na verwagting sal die myn teen Junie 2009 in volle produksie wees.
Verder word tans ‘n volhoubaarheidstudie vir die Lace Diamant Myn 22 km noord van Kroonstad op die Viljoenskroonpad onderneem. Die eienaars is Lace Diamond Mines, bestaande uit 74% van Diamond Corp PLC van die Verenigde Koninkryk en 13% deur onderskeidelik SEB groepe Shanduka Resources en Sphere Holdings.
In November verlede jaar het die maatskappy IEC Holdings FCTech (SA) onder leiding van prof. Francois Cornish en in samewerking met 'n buitelandse ontwikkelingskonsortium baie belanggestel om te Kroonstad o.m. 'n vraglughawe, 'n kragstasie, 'n gespesialiseerde internasionale onkologiekliniek en 'n suiwelproduksie-aanleg vir uitvoere na die VSA te vestig, maar klaarblyklik het onderhandelinge met die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit op 'n dooiepunt beland en het die ontwikkelaars sedertdien besluit om minstens die kragstasie eerder in die Wes-Kaap te vestig.
Clarens: Alhier is die Clarens Golf & Trout Estate in 'n gevorderde stadium van voltooiing – 250 luukse wooneenhede en 'n 18-putjie gholfbaan teen 'n totale koste van sowat R500 miljoen. Die ontwikkelaars is 'n konsortium o.l.v. Pinnacle Point van Kaapstad. Die landgoed alleen behoort die besigheidsomset van Clarens ten minste te verdubbel.
Parys: Te Parys as een van die sterkste ekonomiese groeipunte in die Vrystaat word tans twee groot gholflandgoedere ontwikkel. Die eerste is die Parys Golf & Country Estate wat op en rondom die bestaande 9-putjie gholfbaan gebou word en behels sowel luukse wooneenhede asook 'n volwaardige 18-putjie gholfbaan, 'n hotel, klubhuis en tennisbane. Die tweede landgoed is die Vaal de Grace Golf Estate 2 km buite die dorp op die grootste eiland (110 ha) in die Vaalrivier. Die nodige goedkeurings vir die ontwikkeling is afgehandel en bemarking vind tans plaas. Die ontwikkelaars is DreyProps en die totale projekkoste beloop om en by R1 miljard.
Oranjeville: Naby Oranjeville op die oewer van die Vaalrivier is die goedkeurings afgehandel vir die omvangryke Lizard Point-projek – 'n węreldklasoord met gholflandgoed, sessterhotel, marina- en strandgeriewe en internasionale fokus op sporttoerisme. Dit word gedoen op 700 ha grond teen 'n uiteindelike projekkoste van nagenoeg R4 miljard. Konstruksie van die eerste van vier fases deur die ontwikkelaars Acc-Ross Holding Ltd. behoort eersdaags ‘n aanvang te neem.
Ficksburg: Alle goedkeurings vir die ontwikkeling van die Stafford Hill Golf & Polo Estate met sy 223 residensiële eenhede by die dorp is afgehandel en konstruksie en bemarking begin binnekort. Dit sluit in 18-putjie gholfbaan sowel as gesofistikeerde polo-geriewe. Die ontwikkelaars, die Stafford Hill Golf & Polo Estate Pty Ltd., en die projekkoste word op R250 miljoen geraam.
Koffiefontein: Die onderneming Petra Diamante het met De Beers ooreengekom om die Koffiefonteinmyn vir R81,9 miljoen te koop. Petra wat op die Londonse AIM Beurs genoteer is, het intussen aansoek gedoen by die Dept. van Minerale en Energie om 'n mynlisensie. Die nuwe eienaars is van voorneme om so spoedig moontlik vanjaar met die ontginning van diamante te begin.
Tussen Fouriesburg en Clarens: Halfpad tussen die twee dorpe word die Royal Maluti Golf Estate met uitsig oor die Caledonrivier en Lesotho en bestaande uit sowat 1 000 residensiële eenhede en twee 18-putjie gholfbane van internasionale gehalte beplan. Die ontwikkelaars is Royal Maluti Golf & Eco Estate (Pty) Ltd. en die totale projekkoste word op sowat R2,5 miljard geraam. Finale goedkeuring van die provinsiale regering word tans afgewag.
Die feite – en miskien ironie – is dat ontwikkeling in die res van Suid-Afrika só op 'n galop is dat al die Vrystaatse ontwikkelings-projekte hierbo genoem, nie voldoende is om die sowat 5,3% aandeel van die provinsie in die nasionale BNP te verhoog nie. Dit blyk duidelik indien daarop gelet word dat van die 39 grootste nywerheidsprojekte en 35 grootste mynbouprojekte in die land, d.w.s. 74 projekte in totaal wat gelys word in die Engineering News/ Mining News Projects in Progress van Februarie 2007, slegs drie in die Vrystaat is. Die Vrystaatse projekte wat genoem word is Braamhoek skema by Harrismith, die bio-brandstofaanleg te Bothaville en die Voorspoed diamantmyn naby Kroonstad.
Dus relatief-gesproke bly die grootte van die ekonomiese visdammetjie waarin Vrystaters swem, dieselfde.



Questions on Bloemfontein Convention Centre


In more than two years now the would-be developers of the Bloemfontein International Convention Centre (BICC), Upstream Global (Pty) Ltd., have put out reports that the construction of this mega conference complex at or near the UFS Campus is imminent. However, now media reports have it that the University of the Free State, as the supplier of the land for the complex, has completely withdrawn from the deal. In February 2005 the Free State Business Bulletin was led to believe by a spokesperson for Upstream Global that “construction on the BICC was to commence next month”, i.e. March 2005 and that the project would be on par with the Durban International Convention Centre, etc. The Free State Business Bulletin published an article accordingly. More than a year later, when nothing had happened, the Free State Business Bulletin on enquiring was told by the same spokesperson that construction was “imminent.” However, when again nothing transpired, the newspaper was told that November 2006 was to be the time of finalisation of all contracts and that the Free State Business Bulletin would be the first media to be informed when the news breaks. Now this month the Free State Business Bulletin reads in another newspaper that the UFS has withdrawn from the deal and that as to the development of the BICC it is back to square one. At this stage the following questions on the matter arise: • Why was media like the Free State Business Bulletin told repeatedly the past two years that construction was imminent, when important loose ends like the site and financing have not been tied up yet? • Why was an impression of imminent construction so clearly created when building plans for the complex have not even been submitted to the Mangaung Local Municipality? • Why has, as to the site for the complex, an application for change in land use not even been submitted to the relevant authority, the Free State Town Council? • Why did Upstream Global put up a website for the BICC and advertise the facilities when realisation of the complex was still so very far off? • Why did Upstream Global on behalf of the BICC cater to serve as venue for the OFM Homemakers Expo when they still did not have a bricks and mortar facility? • Why was a huge sign for the BICC put at the junction of Nelson Mandela Drive and Furstenburg Road when the land for the complex was not even finalised yet? It is questions such as these which inevitably arise about a facility that was promised to be created within a certain time span and with a major socio-economic impact in and around the capital of the Free State.





Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.