.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Spot Coverage >> 1 February 2006


Nuwe besighede, ou skuld


'n Verskynsel wat in die sakewêreld voorkom, is besigheidsmense wat skuld in 'n besigheid opbou, die besigheid dan met skuld en al net so los of dit laat likwideer en dan 'n nuwe besigheid onder 'n ander naam open - met totale ignorering van die vorige skulde en debiteure.
Wanneer sulke “besigheidsmense” hulle aan hierdie praktyk skuldig maak deur geen poging aan te wend om verantwoordelikheid vir hul skuld te neem en trouens alle invorderingsaksies doelgerig ontduik, dan dien dit in die openbaar vermeld te word.
Die Vrystaat Sake Bulletin het met twee sulke gevalle te doen gekry - twee persone wat afsonderlike advertensieplasings op eie inisiatief in die koerant laat plaas het, hul diens sonder enige probleem ontvang het, maar daarna totaal en doelgerig betaling ontduik. Hulle het elkeen vervolgens weer minstens een nuwe besigheid geopen en sondermeer daarmee aangegaan.
Die een persoon is me. Alida Devenier van Bloemfontein, wat Advance Concepts & Training laat likwideer het en daarna instrumenteel was in die vestigting en bedryf van Protech Training.
Die ander geval is mnr. Peter Dorfling wat Lusthof Guesthouse & Resort te Reddersburg gehad het, maar dit gelos het en toe minstens twee nuwe wegneemplekke geopen het, een by Thakaneng Brug op die kampus van die Vrystaatse Universiteit en die ander te Bethlehem.


Die Internet en u besigheid


Verskeie wanopvattings ten opsigte van die waarde van die Internet in besigheid veroorsaak dat meer as 60% van Suid- Afrikaanse besighede besig is om die geleentheid om van 'n bekostigbare bemarkingsmedium gebruik te maak deur hulle vinger te laat glip.
Dit is wel waar dat nie alle besighede dieselfde waarde daaruit sal kry nie maar die Internet is so 'n kragtige kommunikasie- en bemarkingsmedium dat selfs die kleinste besighede daarvan gebruik kan maak om beide hul omset en hul winste te verhoog.
Kom ons kyk na twee van hierdie mites:
Mite #1: My kliente gebruik nie die Internet nie
Mense van alle ouderdomme, opvoedings- en inkomstevlakke gebruik daagliks die Internet om produkte en dienste te soek vir enigiets vanaf versekering en huislenings tot motors en huise. Al was hierdie stelling waar beteken dit dat u die mense wat wel die Internet gebruik uitskakel en dat u u teikenmark kan uitbrei deur die Internet te benut. Een van my kliënte het binne 'n jaar op die Internet 'n drastiese verandering in sy kliënteprofiel ondervind, soveel so dat hy ander advertensiemedia nou uitgeskakel het.
Mite #2: My besigheid is plaaslik, die Internet sal my nie help nie.
As kommunikasiemedium kan die Internet in enige mark benut word. Selfs 'n besigheid soos 'n haarsalon of 'n hardewarewinkel kan die Internet benut om goedkoop, en op kort kennisgewing, met kliënte te kommunikeer oor spesiale aanbiedings, promosies en nuwe produkte.
Indien u slegs 10% van u kliënte kan oorreed om een keer meer 'n maand met u besigheid te doen, het u met min koste en moeite u omset verhoog.

• Jens du Plessis doen reeds sedert 1996 besigheid op die Internet en is tans 'n Internetbemarkingskonsultant en bied landwyd kursusse en werkswinkels oor Internetbemarking aan. Sy webwerf is by http://www.webmarketingsa.co.za



Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2005 Web D-Zign Inc. All rights reserved.