.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Spot Coverage >> 16-30 June 2006


Clarens - nuwe hoogtes


‘n Seminaar oor veiligheid op konstruksieterreine is op 25 Mei 2006 deur Nature & Business Alliance Africa by Bains Game Lodge te Bloemfontein aangebied.
Voorheen kon 'n mens van Clarens praat as die pragtige klein “dorpie” net buite Bethlehem, maar deesdae het die “dorpie” 'n lewensgroot reputasie. Oor naweke transformeer die rustige dorpie met sowat 850 inwoners in 'n toerismehemel met sowat 2 200 besoekers vanaf oraloor, veral Gauteng.
So is Clarens ook die eerste dorp wat onlangs waardig verklaar is om die “Proudly South African” toekenning te ontvang en huidiglik ondervind die dorp 'n ongekende eiendomsopbloei.
Eiendomrekords het gespat die afgelope paar maande, waarvan die nuutste 'n drieslaapkamer sandsteenhuis met twee selfbedieningseenhede is, wat vir 'n rekordprys van R2,2 miljoen van die hand gesit is. In Maart is 'n leë erf teen R1,1 miljoen verkoop.
Na wat berig word, is daar in net twee maande 35 van die 89 eenhede wat die Clarens Mountain Estate uitmaak, verkoop, terwyl pryse vir leë erwe van 1 400 – 2 000 m² in hierdie ontwikkeling tussen R530 000 en R820 000 behaal. By nog 'n ontwikkeling, die Clarens Golf Estate, is daar net 40 van 250 eenhede oor - teen 'n gemiddelde prys van R900 000 per eenheid.
Die rimpeleffek van hierdie golfbeweging is sigbaar by wyse van die opgradering van die plaaslike inkopiesentrum en beplanning vir verdere sentrums, asook nuwe winkels soos curio- en koffiewinkels wat onlangs geopen het.


Top wooden floor products


Making a huge success of their shop, Wooden Flooring City, supplying splendid wooden floor products and related items at 69 Aliwal Street, Bloemfontein, are Zhao and Gao Yu Zhen. Originally from Mainland China, they have been two years in Bloemfontein, where they are also members of the Christian Revival Church.
They are welcoming all existing and prospective clients to visit them at their showroom.


Curriebeker: Cheetahs mik vir tuisfinaal


Met die Vrystaat se Curriebeker-oorwinning verlede jaar is dit moontlik dat hulle verlore ondersteuners teruggewen het en nou kan uitsien na 'n volgepakte stadion en groter finansiële bystand.
“Ons welslae lê in ons toeskouers en ons vra dat mense ons moet ondersteun. As ons nie die getalle by ons wedstryde kry nie, sal die Cheetah begroting nie groei nie. Tans kry die Vrystaat baie minder as ander provinsies om met spelers te onderhandel. Dit maak dit moeilik om met spelers in sleutelposisies te onderhandel,” sê die Cheetahs se bestuurder, Naka Drotské.
Die Cheetahs beplan verder om vanjaar 'n tuisfinaal Curiebekerreeks los te speel. “Daar is groot druk op ons omdat ons gewen het, maar ons het 'n jong groep wat vanjaar Super 14 rugby gespeel het en nou baie meer ondervinding het. Ons gaan alles insit om ons welslae van verlede jaar te herhaal,” sê Drotské.
Die strategie is steeds om teenstanders te bestudeer en die Cheetah span dienooreenkomstig voor te berei. “Ons sal moontlik ses tuiswedstryde en ses wegwedstryde speel en as ons bo eindig in die liga, verwag ons om die eindstryd vanjaar in Bloemfontein te speel,” sê Drotské.


Prayer time gathering momentum


What started in 2001 in Cape Town as a local Christian Day of Prayer, rolled over to the rest of South Africa (2002), sub-Saharan Africa (2003), and all 56 nations of Africa (2004), and a Global Day of Prayer encompassing in 2005 156 nations worldwide.
This year, 198 nations across the globe participated, starting as the sun rose in Fiji in the East until it set 18 hours later over Hawaii. In South Africa alone, more than 850 prayer venues in more than 620 towns and cities rallied in support of this call to prayer.
Although appearing to be encompassing only a single day on the calendar, the Global Day of Prayer cannot be regarded as a once-off event, but rather as a catalyst to a 90 day period of community outreach and blessing, in which Christians are challenged to become actively involved in meeting the needs of those less fortunate in their own communities.
Though God-given governments and authorities work day and night to try to stem the tide of evil which threatens to engulf each community across the globe, the victories are limited. It seems that, as never before, God is calling and urging Christians to unite and take spiritual responsibility for their communities, waiting on Him for strategy to withstand the evil one in their cities, countries and nations.
To join in or to obtain more info, contact email themteam@mweb.co.za, tel. 012 – 663 6262, fax. 012 – 663 6260.


Opbloei in eiendomme te Vredefort


Terwyl Parys aan die Vaalrivier bekend is as een van die lewendige ekonomiese groeipunte in die Vrystaat, was Vredefort 10 km daarvandaan nog altyd 'n feitlik stagnerende dorpie. Albei dorpe is egter geleë in die Koepel Bewaringsgebied wat tot Wêrelderfenisterein verklaar is.
Nou word verneem dat eiendomspryse te Vredefort skielik begin lewe kry het en trouens die hoogte inskiet. So bv. sê 'n eiendomsagent wat op sowel Parys as Vredefort sake doen, dat 'n woonhuis te Vredefort wat die eienaar 'n jaar gelede gratis wou weggee omdat die eiendomsbelasting meer as die appresiasie was, dié huis pas verkoop het vir R80 000.
Kaal woonerwe van 12 000 m² behaal tans tot R100 000, met 'n erf van 700 m² was pas vir R65 000 verkoop is. In die hoofstraat van Vredefort is huidiglik blykbaar nie 'n enkele eiendom te koop nie.
Na verneem word is dit veral eiendomsontwikkelaars vanaf Parys wat eiendomme te Vredefort opkoop.



Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.