

Current Edition >> Archives Section >> Spot Coverage >> 15 September 2007
Sasol produces SA's largest BBBEE: Sasol Limited has announced South Africa's single largest broad-based black economic empowerment (BEE) ownership transaction to date. If approved by shareholders, the transaction will be implemented in 2008. Entailing a proposed 10% of Sasol Limited's issued share capital, the equity ownership value is approximately R17,9 billion at the closing share price of R285 on 5 September 2007. Sasol chairman Pieter Cox points out that a growing SA economy is good for Sasol and its shareholders. Sasol is the third largest company with a primary listing in South Africa. “We want as many black South Africans as feasibly possible, most of whom have never owned shares before, to become shareholders,” says Sasol CE Pat Davies. In addition, almost 27,000 Sasol staff will be allocated shares in terms of a significant employee share ownership scheme.
Voedselsekerheid ook in Vrystaat in gevaar: Volgens syfers verskaf deur die Transvaalse Landbou-Unie (TLU) is voedselsekerheid in Suid-Afrika – en derhalwe ook in die Vrystaat – in gevaar weens die weifelende beleid van die regering t.o.v. grondhervorming. Die TLU wys daarop dat hoewel die regering 30% van landbougrond in die besit van blanke boere teen 2014 aan swart mense wil oordra, die dilemma is dat daar nog geen aanduiding is van die persentasie grond wat swart mense besit het toe die proses begin is nie. Die vraag word dan gevra hoe kan jy weet waarheen jy moet gaan as jy nie eens weet waar jy begin het nie. Daar word op gewys dat slegs 9,6% oftewel 11,7 miljoen ha van alle grond in SA kommersiële landbougrond is en derhalwe moet gevra word waar die voedsel vandaan gaan kom as 30% hiervan weggevat word. Daar is talle bewyse van grondhervorming wat toon dat van eens produktiewe spogplase niks oorgebly het nie. In Limpopo bv. is 71 van die plase teruggevat wat die belastingbetaler sowat R340 miljoen gekos het. Inmiddels het die Adjunk-Minister van Landbou- en Grondsake, Dirk du Toit, sopas in die Parlement gesę dat as die teiken van 30% behaal word, sal die meeste mense in die land steeds die minderheid grond besit. “Dit gaan nie die einde van die pad wees nie, en dit kan ook nie wees nie,” het Du Toit gesę.
Diamond developments in southern Africa: Following the recent finding of two relatively large diamonds at the revamped Koffiefontein Diamond Mine, it is reported that a huge diamond of 494 ca – the 18th largest ever found in the world – was found at the Letseng Diamond Mine in Lesotho. The Letseng Mine is owned 70% by Gem Diamonds and 30% by the Lesotho government. Meanwhile it has also been announced that Petra Diamonds, doing international exploitation and also owners of the Koffiefontein Mine, has bought over the underground rights and operations of the Kimberley diamond mines from De Beers.
Groot kommer oor rioolstortings in Vrystaat: Groot kommer word in 'n mediaverklaring van die ACDP uitgespreek oor aanhoudende en wydverspreide rioolstortings uit munisipale stelsels in die Vrystaat en word 'n beroep op die Vrystaatse Provinsiale regering gedoen om 'n omvattende ondersoek na die toestand te doen. Daar word gemeld dat net die afgelope maand daar meer as 10 sulke koerantberigte in die provinsie was. Volgens die mediaverklaring het Amerikaanse studies in Tanzanië aangedui dat chroniese diarree wat deur die e.coli-bakterie veroorsaak word, 'n baie hoër voorkoms onder MIV-lyers het. In die Vrystaat, waar in minstens een distrik meer as 30% van die bevolking MIV-positief is, kan die kombinasie van MIV en e.colitellings 'n gesondheidskrisis meebring. Die nuus dat die e.coli-telling in Loch Logan 800 per 100 ml water is, terwyl die aanvaarbare vlak vir drinkwater nul is, gee 'n aanduiding van hoe die besmettingsvlak moet lyk van riviere en spruite met rou rioolstortings en wat die enigste waterbronne vir arm gemeenskappe vorm.
National Driver of the Year Champs in Bloem: The Road Traffic Management Corporation (RTMC) will be hosting the National Driver of the Year Championship 2007 in Bloemfontein from 23 – 26 October 2007 as part of Transport Month. The competition will take place at the Lengau Traffic Training Centre in Bloemfontein and Debis Fleet Management, a subsidiary of Daimler Chrysler, is the official sponsor. 99 competitors from nine provinces and various private sector companies will do battle in the competition. All participants have qualified through provincial championships and each province will be represented by drivers in the following categories: Bus / Female bus / Rigid / Rigid and four wheel trailer / Articulated / and Rigid novice. More info from tel (012) 665 6053 / fakazim@rtmc.co.za.
Vanderbijlpark massive sewerage into Vaal River: Massive sewerage effluent from various areas in the Vanderbijlpark region is being continuously dumped into the Vaal River because of the collapse of the Emfuleni Municipality's sewerage infrastructure. The situation has been labeled by a spokesperson for Rand Water as “a disaster”. Rand Water has donated R800 million to Emfuleni for a new sewerage system, but to little avail and is now insisting on back payment. A spokesperson for the Dept. of Water Affairs and Forestry says the Department is “frustrated” with Emfuleni because it is approving almost unconditionally all kinds of developments in its area. It is reported that sewerage is flowing down the streets of Sebokeng and Sharpeville, while in the Riet Spruit children are playing in the sewerage and people do their washing in it.
UFS launches Alumni careers website: The Kovsie Alumni division of the University of the Free State has just launched an exciting new website offering an array of upper echelon career opportunities under the title Super-Highway! The latter offers opportunities to access available jobs at top companies in South Africa, from consulting and auditing firms, through to banks and blue chip corporates. There are more than 100 high profile, quality career opportunities for consideration. The focus is on middle, senior and executive management positions. Register your CV at www.ufsalumni.drm-za.com and then apply for as many jobs as possible at the touch of a button.
In July this year new regulations to which bottled water manufacturers have to adhere, have come into effect. Bottled water is now categorized into three types and manufacturers must clearly define on the label under which category the bottled water falls. The three categories of water are defined as natural water, water defined by origin and prepared water. Natural water, which is normally the cleanest type, is water originating from an accepted natural underground source at depth. Water defined by origin is water that originates from sources above ground that have not passed through a community water system such as rainwater, melted icebergs, snow water or a river or stream. Prepared water is water prepared from any other acceptable source of supply and which does not comply with the provisions of other sections of the regulations. Of the latter category, municipal water is an example, as it undergoes further processing before being bottled. The new regulations are forcing some manufacturers to redefine what constitutes bottled water. Year reference is specifically made to flavoured water, which cannot be classified as bottled water, as bottled water does not contain sugars, sweeteners, flavourings, or any other foodstuffs. These kind of drinks cannot be classified as bottled water. The new regulations should help safeguard the public against poor quality products that have originated from dubious sources and that may have been captured, processed and bottled in unhygienic fashion.
Dit lyk hoe nader die jaar 2007 na sy einde staan, hoe interessanter word die sporttoneel in die provinsie en hoe meer gons dit. • Voorop is die ongeëwenaarde sukses wat die Cheetahs – groot en klein – op die rugbyveld behaal. Nog nooit in die geskiedenis het die Vrystaatse senior rugbyspan soveel agtereenvolgende Curriebeker-seges behaal nie - met die junior spanne in hul voetspore. Ondanks die nederlae die afgelope Saterdag, lyk dit op hierdie stadium nie net of die Curriebeker sy staanplek in Bloemfontein alleenlik gaan hę nie, maar ook of Bloemfontein inderdaad die rugbyhoofstad van SA is. Tussen die lepel en die lip het daar al dikwels pap op die grond geval, maar op hierdie stadium lyk sake so – iets wat daadwerklik uitgebou behoort te word, ook deur die Cheetah Trust wat die plaaslike sakesektor onlangs gestig het. • Die eerste Curriebeker-nederlaag van die Cheetahs die afgelope Saterdag, teen die WP met 36 – 20: Terwyl 'n mens 'n pak soos 'n man moet vat, is dit 'n feit dat die skeidsregter, Pro Legoete, die Cheetahs met bevooroordeeldheid en inkonsekwente toepassing van die reëls eenvoudig uit die wedstryd gekul het. Skandalig. Hoe in 'n moderne sportwedstryd waarin soveel prestige op die spel is, gesoute beroepspelers meeding, miljoene toeskouers 'n belang het en soveel geld op die spel is, een persoon in die persoon van die skeidsregter toegelaat word om die uitslag te bepaal, gaan die verstand te bowe. • Die Rassie-faktor: Dit was in die Vrystaat dat hy sy staanplek as Springbok-rugbyspeler en later as provinsiale afrigter gekry het. Nou help hy WP teen die Vrystaat. Is daar in hierdie węreld nog lojaliteit wat verder strek as geldwaarde? • Met die “teëspoed” wat Loots Bosman opgetel het om vir die Proteas in die Twenty 20 węreldbekerreeks te gespeel het, lyk dit deesdae moet 'n mens hard werk om nie by Krieket SA en die Protea-bestuur in die warmwater te wees nie. Iets op nasionale krieketvlak bly haper – 'n vertoningslys wat maar net nie wil vlam vat nie, toe die Węreldbeker-debakel in die Wes-Indiese Eilande en nou onseremonieël uitgeboender uit die Twenty 20 węreldkampioenskap. Die vraag is waar, of by wie presies, lę die fout? • Bloemfontein Celtic is besig om verdere sportaansien aan Bloemfontein te verleen. Dié is tans die enigste onoorwonne span in die nasionale Premier Sokkerliga. Hul verdere vordering word met toegespitste aandag gevolg. “Niks slaag soos sukses nie” bly waar. • Die tweejaarlikse SA Spele word vanjaar in Bloemfontein vanaf 23 – 29 September aangebied. Dit behels 14 sportsoorte. Bitter min reklame daarvoor word gesien. Wie weet wat daar aangaan? • 2010 is op almal se lippe en dit lyk darem nou of die opgradering van die Vrystaat Stadion op koers is. Die suksesvolle tender is blykbaar in bekwame hande. Wat van die res van die stad – en die provinsie? Daar is veral baie vrae en kommentaar oor gewone infrastruktuur – strate, watergehalte, paaie, geskeduleerde vlugte na en van Bloemfontein, naamborde, sypaadjies, netheid van openbare plekke, ens. • Die Vrystaat Sake Bulletin verneem graag van lesers hul mening oor hierdie provinsiale sportsake.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.