.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archive Section >> Special Features >> 15 September 2007


Gehalte mediese sorg


Klem op gehalte

In hierdie spesiale fokus gaan dit oor hoe uit 'n gesondheidsoogpunt die lewe, ook in die werkplek, beter gemaak kan word. Wat dit betref, gaan dit nie noodwendig oor groter en duurder oplossings nie, maar oor praktiese raad en daad. In die fokus figureer 'n aantal diensverskaffers wat wissel van hoogs gevorderd tot gesonde verstand – almal egter oplossings waarvan met groot vrug kennis geneem behoort te word.

Cancer-causing in consumer products

Having been heard for a long time, warning voices about cancer causing elements in consumer products in everyday life are currently growing louder.

Lately Dr. Carl Albrecht, attached to Cansa, has stated in interviews with SABC radio that many chemicals being consumed in everyday life are cancer causing and that in fact big industry is consciously suppressing information in this regard. Albrecht, having done research in this regard for more than 30 years, is considered as amongst the 30 foremost cancer experts in the world.

According to him, latest research results indicate that industrial chemicals could be responsible for up to 30% of cancer cases. He points to especially exhaust fumes in dense traffic and says that although petrol is now lead-free, heavy metals such as manganese are still contained in exhaust fumes.

Albrecht points to the effects of industrial chemicals as the missing link in the current high incidence of breast cancer in women as well as prostate cancer in men. He is challenging “big money” to be forthright about the truth in extensive research already done.

Looking at the exceptionally high incidence of various cancers these days and also at its sometimes inexplicable occurrence in young and healthy people, it seems that forewarned is forearmed and at the more and fortright research is urgently required.

Mediese en gesondheidsflitse

Voorkoming beter as genesing

Dit is die gesondheidsfokus van die Health Corner in die Pick 'n Pay Sentrum, Langenhovenpark. Die natuurlike benadering word gevolg en daarvoor word gesondheidskosse en kruiemiddels op deskundige wyse ingespan. 'n Besoek aan die Health Corner toon waaroor dit alles gaan en hoe voorkoming en 'n moderne leefstyl gekombineer kan word.

Behandeling van allergieë

MediChem Apteek by Rosepark Hospitaal bied gespesialiseerde behandeling teen enige vorm van allergieë – hierdie tyd van die jaar veral teen hooikoors en sinus. Allegieë kan óf binnenshuis (vere, dierhare, ens.) opgedoen word of buitenshuis (stuifmeel van plante, ens.). Tipes allegieë sluit in respiratories (hooikoors en asma), velallergieë, voedselallergieë, medikatiewe teenreaksies en omgewingsallergieë (rook, ens.). Behandeling betyds kan kroniese of verergende situasies voorkom. Besoek ook www.medi-chem.net.

Sny- en pasfasiliteit vir brillense

'n Nuwe sny- en pasfasiliteit vir brillense word op 2 Oktober 2007 by André Roos Torga Optical Oogkundiges in Northridge Mall, Bloemfontein, geïnstalleer. Die apparaat is in staat om lense in brilrame in te sny terwyl pasiënte sit en wag.

Volgens mnr. Charl Roos van die praktyk bied die sny- en pasfasiliteit ook geleentheid tot beter diens met herstelwerk op rame en verkort dit oor die algemeen die wagtydperk vir pasiënte op brildienste aansienlik.

Nuwe voetskandeerder

'n Hoogsgevorderde skandeerder van voete, bekend as die RS Scan, is deur FA Kleinhans Geneeskundige Ortotiese en Prostetiese Sentrum vanaf België ingevoer.

Wanneer met die kaal voet op die skandeerder gestaan word, word op 'n rekenaarskerm beelde gegee van presies hoe die voet trap en volgens swaartekrag beweeg en moet dit uitrol en inrol wanneer gestap word. Daarvolgens kan dan 'n prognose gemaak word en die nodige remidiërende stappe geneem word.

Vir meer besonderhede kan mnr. Frans Kleinhans geskakel word by (051) 448 3376.

Bekostigbare teatergeriewe

CityMed Dagkliniek by Prellerplein, Bloemfontein, bied 'n unieke konsep van bekostigbare mediese teaterdienste aan. Die teatergeriewe en- apparaat wat gebied word, kan deur enige doktor of spesialis op 'n dagbasis vir pasiënte gehuur word. Die nodige verplegings- en ander bystanddienste word ook verskaf.

Eendag-prosedures wat by CityMed uitgevoer kan word, sluit in plastiese en rekonstruktiewe chirurgie, bv. bakoor-herstel, borschirurgie, eksisie littekens, ens.; oor-, neus- en keeloperasies; operatiewe tandheelkundige prosedures, bv. tandimpaksies; ortopediese prosedures, bv. knie-artroskopies, ens.; ginokologiese prosedures, bv. laparoskopies, ens.; mond- en kaakchirurgie; en neurochirurgiese manipulasies.

Vir meer besonderhede skakel (051) 436 4320.






Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.