.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archive Section >> Letters to the editor >> 1-16 October 2005


Banke gulsig

Ek het onlangs 'n plaaslike bank besoek met die doel om geld te deponeer. Die teller neem die note na 'n note-telmasjien en binne 43 sekondes word die 3 000 x R100-note drie maal deurgetel. Die teller se opmerking: "Die geld is so netjies opgemaak," laat my goed voel. Ek dink by myself: "Hel, wat 'n bank!" Om waardering te hê vir 'n klein ietsie soos om geld netjies op te maak en te ontvang, al is dit ook maar net die teller se beskeie dankbaarheid, laat my onverklaarbaar goed voel.
Die volgende dag besoek ek my bankrekening via die Internet en sien dat die vorige dag se kontanttellery my R294,98 uit die sak gejaag het. 'n Koue spookhand kry my om die keel beet en ek weet ek is besteel. Vir my om R294,98 se wins te maak, moet ek R3 000 se produkte verkoop. Dit beteken verder dat ek 100 kg vleis moet aankoop, verwerk en dit duur agt dae voordat die produk markgereed is. Daarna "smart" ek om my geldjies in die bank te kry.
Hier kry die Grootmeneer Bank met sy byna goddelike advertensie, Ons is die lig op jou pad, gister, vandag en tot in alle ewigheid, jou in die hande met sy absurde kontanttelheffings en binne 43 sekondes is jou begrote wins verander in 'n onbegrote verlies.
Dit wil vir my voorkom of boewe banke beroof en om gelyk te kom wild it amper lyk asof banke mense roof - arm mense soos baie van ons. Robin Hood het anders te werk gegaan. Ek dink hy was onder die gewone manse baie meer gewild as wat banke met hulle verkeerdom-doen vandag is.
Die volgende ding wat ek waarneem, is dat banke 'n houding het van byna soos, "As jy lojaliteit soek, gaan koop vir jou 'n hond". Weg is die dae vir die kleiner kliënt waar banke nog kliphard gevry het na jou rekening en die bankbestuurder jou 'n koppie koffie (gratis) aangebied het. Vandag vat hulle selfs die skuifspelde waarmee jy jou note sorgvuldig vir hul gerief opgemaak het.
Miskien het dit tyd geword om 'n Business Warrior-organisasie te stig en soos ons voorvaders net 'n bietjie terug te veg in plaas daarvan om alles net gelate te aanvaar.
Volgens 'n betroubare bron is buitelandse kliënte in die ontwikkelde lande kwytgeskeld van boekgeld en kan ons maar net hoop en vertrou dat die inkoop van 'n oorsese bank as meerderheidsaandeelhouer van 'n Suid-Afrikaanse bank sal meebring dat hier 'n nuwe buitelandse bankkultuur gevestig word.

Bankgebruiker
Harrismith



Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.