

Current Edition >> Archives Section >> Leading Stories >> May 2002
Grootskermbeeld van Pres. Mbeki in die Vrystaat Stadion tydens sy gesprek met Mark Shuttleworth op Vryheidsdag 2002.
TYDENS sy besoek aan die Vrystaat gedurende die laaste week van April 2002 het Pres. Mbeki wyd met mense op voetsoolvlak gekonsulteer, hoewel besigheids- en ontwikkelingsberading nie sigbaar hoog op die agenda was nie. 'n Geskiedkundige oomblik was toe die President op Vryheidsdag, 27 April 2002, in die Vrystaat Stadion met die eerste Afrikaan in die ruimte, Mark Shuttleworth van Suid-Afrika, per satellietverbinding gesels het. Vir Afrika, vir Suid-Afrika en vir die Vrystaat, was dit 'n hoogtepunt, maar die opkoms by die Vrystaat Stadion was nie in massa nie.
Die Sake Bulletin het 'n aantal individue uit verskillende lewenssfere in die Vrystaat genader oor watter verskil hulle reken die besoek van Pres. Mbeki aan die Vrystaat gaan maak. Mnr. Sello Khahleli, 'n vryskut joernalis en entrepreneur van Mangaung, sê mense plaas die MIV/Vigs-kwessie tans hoër op die prioriteitslys as werksgeleenthede, terwyl hulle bekommerd is oor die snelle styging van die Verbruikersprysindeks. Verder soek hulle praktiese resultate en stel nie belang in retoriek nie. Mnr. Johan Furter, besturende direkteur van Sasol Infrachem, sê: "Pres. Mbeki se besoek aan Sasolburg was nie 'n sakebesoek nie en as sulks is besigheid nie bespreek nie. Dit word egter hoog op prys gestel dat die President Sasolburg en in besonder Sasol besoek het. Sasol, as een van die hoof ekonomiese aandrywers in die provinsie en in Suid-Afrika, is dankbaar dat die President die tyd afgestaan het om Sasol te besoek het, selfs al was dit baie kort."
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.