.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Leading Stories >> January 2008


Al die kragonderbrekings blykbaar onnodig!


• Johann Dannhauser

Terwyl almal in die land in rep en roer is oor die aanhoudende kragonderbrekings wat Suid-Afrika vanjaar in alle erns getref het en die ekonomie skade van biljoene rand ly, word bewerings deur ingeligtes gemaak dat die onderbrekings redelikergewys geheel en al voorkom kon gewees het.

Die volgende word gekonstateer:

• Weens 'n tekort aan Eskom- personeel met die nodige hoë vaardigheidsvlakke is bv. talle turbines in steenkool- en kernkragsentrales onnodig lank buite werking vir onderhoudswerk. Veral by Koeberg behels dit 'n enorme operasie wat erg tydrowend is. Voorts is daar sleuteleenhede in kragstasies wat soms sò onbeman of onderbeman is a.g.v. personeeltekorte dat hulle glad nie hul bydrae tot kragopwekking lewer nie. Van dié stellings kom uit die geledere van senior Eskom-amptenary.

• Die televisieprogram Carte Blanche sê dat in ‘n ondersoek bevind is dat van die Eskom-kragstasies nie volle kapasiteit lewer nie vanwee ‘n tekort aan steenkool, wat dui op gebrekkige Eskom-bestuur op oorhoofse vlak.

• Die vakbond Solidariteit, wat lede in strategiese poste in Eskom het, sê dat Eskom deurlopend sowat 3 000 megawatt lewer aan onderskeidelik Namibië, Botswana, Zimbabwe en Mosambiek. Dit is sowat 8% van Eskom se opwekkingsvermoë – heeltemal genoeg om die huidige probleme in Suid-Afrika te beëindig. Zimbabwe is die enigste van dié vier wat nie stiptelik sy elektrisiteitsrekening aan Eskom betaal nie.

• In Bloemfontein voer kundiges met kennis van die binnewerking van Centlec aan dat die groot kragstasie in Harveyweg oor die potensiaal beskik om die hele Mangaung- gebied van elektrisiteit te voorsien. Die kragstasie is egter tans buite werking. Daar word egter deur andere gesê dat die enjins en onderdele van die kragstasie te oud is om effektief funksioneel te wees. Die vraag word egter gevra wat ingenieurskundigheid en –vernuf wat op standaard is, wel met die kragstasie sal kan uitrig.

Die aanduidings is dus sterk dat die Eskom / munisipale probleme nie aan die vraagkant geleë is nie, maar aan die voorsieningskant.

Hoe dit ookal sy, intussen word buitelandse beleggings– en toerismevertroue in SA kwaai geknou. Erge verkeersopeenhopings in Gauteng as die industriële hartland van SA, onvoorsiene grootskaalse rioolstortings in drinkwater, die kabelkar teen Tafelberg wat al halfpad tussen hemel en aarge gehang het en stilstande in die mynbedryf wat die land tot R200 miljard per dag kos is aan die orde van die dag.

In die Vrystaat gaan dit nie beter nie en heelwat plaaslike klein ondernemings staar ondergang in die gesig weens produksieverliese a.g.v. die gereelde onderbrekings. In Bloemfontein sê prof. Deon de Beer van die SUT Wetenskappark, waar patente ontwikkel word, dat onbeplande kragonderbrekings 'n verlies van tot R30 000 per keer meebring.

Wat seker is, is dat indien die kragonderbrekings in die moderne geïndustraliseerde land wat SA is – die engiste op die kontinent – nie binne afsienbare tyd uitgeskakel gaan word nie, die gevolge onberekenbaar gaan wees – selfs onomkeerbaar. Trouens, dit kan wees dat Suid-Afrika tans voor sy grootste oorlewingsuitdaging nóg te staan gekom het.


Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2008 Web D-Zign Inc. All rights reserved.