.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Leading Stories >> 17-30 April 2006


Vrae oor residensiële ontwikkelings te Welkom


Vrae word gevra oor die lewensvatbaarheid van residensiële ontwikkelingsprojekte te Welkom. Die afgelope twee jaar is verskeie nuwe residensiële ontwikkelings te Jan Cillierspark, Craiblaan in Riebeeckstad en Naudéville aangekondig, maar tot op hede het geeneen van hulle nog gerealiseer nie.
Intussen vind verskeie nuwe besigheidsuitbreidingsprojekte plaas, soos bv. die uitbreiding van Welkom Square, die vergrote Casino-kompleks, ontwikkeling van die Rovers Klubterrein, uitbreidings in Staatsweg, ens. Volgens mededelings aan die Vrystaat Sake Bulletin is daar beslis 'n sterk vraag na nuutgeboude middel– en hoërklasbehuising, maar die aangekondigde projekte kom nie van die grond af nie.
Me. Sereta Baard van Platinum Earth Properties, Welkom, sê dit lyk soms of die knoop by die entrepreneurskap van aangekondigde residensiële projekte lê en asof die projekte nie lewensvatbaar aanmekaar gesit word nie.
Mnr. Steve Pretorius, ontwikkelaar van 'n groot residensiële projek te Jan Cillierspark, het aan die Vrystaat Sake Bulletin gesê dat daar 'n verpligting is wat betref projekte om die voorgeskrewe proses van goedkeuring by die owerhede te volg en dit neem tyd. So moet verskeie goedkeurings by die Provinsiale Administrasie, bv. vir sonering, ontwikkeling, ens., verkry word, terwyl bepaalde Munisipale goedkeurings ook nodig is. Die voorgestelde residensiële ontwikkeling te Jan Cillierspark is egter feitlik finaal goedgekeur en daar word verwag om binnekort met konstruksie te begin.
Inmiddels het die Vrystaat Sake Bulletin verneem dat 'n residensiële ontwikkeling wat te Craiblaan, Riebeeckstad, beoog is, eers deur die ontwikkelaar self om besigheidsredes op die ys geplaas is.

Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.