.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Leading Stories >> 1-15 June 2005


Jongste vigs syfers


Volgens die jongste VN Globale HIV / Vigs-verslag vorm Suid-Afrika die kern van die wêreldepidemie as enigste sub-Saharaland in Afrika waar die probleem nie gestabiliseer of selfs afneem nie. Die verslag toon dat in SA die voorkoms onder volwassenes (tussen 15-49 jaar) gestyg het, met die hoogste HIV-voorkomsyfer in die wêreld (tussen 15 en 34 %)wat in die SADC-streek aangetref word.
Sowat 64% van alle mense wat HIV-positief is, woon in sub-Sahara Afrika. Twee miljoen kinders onder die ouderdom van 15 is HIV-positief, waarvan die meerderheid in sub-Sahara Afrika woon. 'n Oneweredige hoër getal (59%) van geaffekteerdes is vroue. Botswana, Namibië en Uganda se verspreiding van teenmiddels oorskry 50 % - teenmiddels in Suid-Afrika het nog nie 20% van die geaffekteerde bevolking bereik nie.
Syfers soos hierdie impakteer geweldig op die gesondheidbedryf, ook in die Vrystaat en sentraal SA en beïnvloed die koste van mediese dienste te voorsien en pasiënte te onderhou ingrypend.
‘n Kenmerk van die Vigs-pandemie is dat dit deur alle bevolkingsgroepe strek en dat bv. ‘n aansienlike getal blankes dit al opgedoen het. Presiese syfers is egter moeilik bekombaar.

Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.