

Current Edition >> Archives Section >> Leading Stories >> 1-15 June 2005
Op hierdie unieke foto verskyn waarskynlik die beste versameling brandweerwaens in Suid-Afrika – en almal is in Bloemfontein gestasioneer as die eiendom van die Mangaung Plaaslike Munisipaliteit.
Die fotograaf was Bob Hornsby van Sandton. Alhoewel nie 'n brandweerman nie, is hy fanaties oor die brandweer. Sedert 1950 besoek hy brandwere oor die wêreld heen en hou foto-albums en rekords op datum. In 1976 het Hornsby Bloemfontein se Sentrale Brandweerstasie besoek en die voertuie afgeneem. Toe hy vanjaar (na 30 jaar) weer toestemming gevra het, het die Mangaung Brandweerafdeling onder leiding van Braam van Zyl hom verras deur dieselfde voertuie wat hy in 1976 afgeneem het, weer voor die stasie te trek, met die huidige vloot voertuie agter die oues!
Waarskynlik beskik geen ander brandweerdiens in Suid-Afrika oor die vermoë om ná 30 jaar weer dieselfde voertuie, nog in werkende toestand en met nog hulle oorspronklike toerusting daarop, tot die beskikking van 'n fotosessie te stel nie.
Die vyf “ou” voertuie is deel van die versameling wat tans in die Brandweer Museum te Ehrlichpark, Bloemfontein, uitgestal word. Vir meer besonderhede, skakel Braam van Zyl by (051) 405 8730 of 084 818 9144.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.