.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Leading Stories >> 1 Februarie 2005


Naudéville voor groot ontwikkeling


Alreeds een van die hoër klas woonbuurte van Welkom, staan Naudéville voor groot ontwikkeling.
Eerstens word 'n residensiële ontwikkelingsprojek ten totale bedrag van R100 miljoen en bestaande uit vier komplekse vroeg vanjaar van stapel gestuur. Die ontwikkelaars is Mangwato Investments, terwyl die ontwerp deur 'n bekroonde Gautengse argitek van Roemeense afkoms, me. Anca Szalavics, gedoen is.
Die wooneenhede sluit een-, twee- en drieslaapkamerwoonstelle, meenthuise en huise in, met pryse wat wissel van R219 000 tot R1,2 miljoen. Die bemarkingsagente is Pam Golding Welkom en die prinsipale, me. Marthie Kasselman, het aan die Vrystaat Sake Bulletin gesę 28 eenhede is klaar vanaf die planne verkoop.
Terselfdertyd is die bestaande Naudéville Winkelsentrum einde verlede jaar deur mnr. Chris Spangenberg gekoop. Laasgenoemde het aan die Vrystaat Sake Bulletin gesę dat die bestaande supermark vanaf 1 Februarie vanjaar omskep word in 'n OK Foods, terwyl die res van die sentrum opgegradeer word met 'n aantal nuwe besighede wat daarin open.

Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.