

Current Edition >> Archives Section >> Leading Stories >> 1-15 August 2005
Daar is onmiskenbare aanduidings dat die geskeduleerde sluiting in fases van die hele kommandostelsel in Suid-Afrika en die klaarblyklike gebrek aan 'n praktiese alternatief, 'n veiligheidsrisiko in landelike gebiede skep wat nadelig kan uitkring tot die groter ekonomie, ook in die Vrystaat. Die kommandostelsel het die afgelope meer as vier dekades 'n sleutelrol gespeel om misdaad in plattelandse gebiede, veral t.o.v. die landbousektor, te bekamp.
Volgens regeringsbeleid word die kommandostelsel tans uitgefaseer en word beplan om dit te vervang met 'n stelsel van sektorpolisiėring en die gebruik van reserviste, maar tot op datum is nog niks daarvan geļmplementeer nie. Wat meer is, die aanduidings is dat sektorpolisiėring nie gou 'n praktiese faktor gaan wees nie.
Dit val saam met die feit dat SA die hoogste plaasmoordsyfer ter wźreld het en dat misdaad in die boerderysektor alreeds van die hoogste in die wźreld is. Dit word bereken dat die afgelope 20 jaar 2 000 plaasmoorde tydens 30 000 plaasaanvalle in SA plaasgevind het. Die veiligheidsvakuum wat dientengevolge gelaat word, kan daartoe lei dat misdaad sterk toeneem en dat dit logistiesgewys landbouproduksie en sakevertroue kan knou. Dit kan uitkring na ander sektore van die ekonomie. Verder, makliker misdaad in plattelandse gebiede kan eskalerend oorspoel na makliker misdaad in stedelike gebiede.
SA is die enigste netto-invoerder van voedsel op die kontinent van Afrika, terwyl die Vrystaat bestempel word as die broodmandjie van die land. Derhalwe is die kommandostelsel, landelike veiligheid, landbouproduksie en die wyer ekonomie in die Vrystaat en in SA alles strategies met mekaar verweef.
Na berig word, moet 'n totaal van 63 kommando-eenhede in die huidige finansiėle jaar sluit die meeste nog in een jaar. In 2004/05 is 17 en in 2005/06 54 kommando-eenhede gesluit. Nį vanjaar sal 183 kommando-eenhede gesluit wees, wat 49 eenhede laat, waarvan 38 geoormerk is om in 2007/08 te sluit en die laaste 11 in 2008/09. In die Vrystaat moet vanjaar die eenhede te Fouriesburg, Jacobsdal, Ladybrand, Reitz, Theunissen, Zastron, Virginia, Hoopstad, Kroonstad en Parys sluit 'n totaal van 10.
Sopas is 'n reeks van 11 streeksvergaderings deur Vrystaat Landbou in die provinsie gehou oor plaasveiligheid en terwyl die oorgrote meerderheid van die vergaderings ontvanklik was vir die aangekondigde sluiting van die kommandos, en die instelling van sektorpolisiėring, is ernstige bedenkinge uitgespreek oor 'n veiligheidsvakuum wat op grondvlak besig is om te ontstaan. Aanvanklik was die gedagte dat sektorpolisiėring eers in plek sou kom en dan sal die kommandos sluit, maar nou is dit andersom.
Volgens landbouleiers met wie die Vrystaat Sake Bulletin gepraat het, is daar kommer oor die kapasiteit van die SA Polisiediens om sektorpolisiėring te beman en logisties te bedryf. Hoewel amptelike syfers nie beskikbaar is nie, word uit georganiseerde landbougeledere berig dat van die permanente personeellede wat die SAPD tussen Junie 2004 en Junie 2005 verlaat het, 44% bedank het, 10% het afgetree en 30% het gesterf. Tans beloop die personeelkorps van die SAPD sowat 152 000 beamptes, waarvan nagenoeg 43 500 in lessenaarposisies is. Interessantheidshalwe staan die totale aantal geregistreerde private sekuriteitsbeamptes in SA tans op sowat 300 000. Die oorspronklike aantal kommandolede in die land word geraam op 50 000 70 000.
Voorts word, met die nodige respek, bedenkinge oor die integriteit van die SAPD in gevalle uitgespreek, veral nį bv. berigte in die Vrystaat dat polisievoertuie betrokke is by die vervoer van gesteelde vee.
Logistiesgewys in die Vrystaat moet 'n 375 km grens met Lesotho gepatroleer word teen onwettige immigrasie en veediefstal, met slegs een operasionele 4 x 4 voertuig. Sommige polisievoertuie het reeds meer as 400 000 km op die klok. Syfers wat oor die voorkoms van veediefstal in die Vrystaat alleen genoem word, neem skrikwekkende afmetinge aan.
Van die praktiese probleme met die implementering van sektorpolisiėring is dat die proses tot vier maande neem om een reservis aan te stel. Daarby het die beroep deur die regering op boere en ander persone om hul as reserviste aan te meld, swak reaksie gehad. Van die redes hiervoor is dat van reserviste verwag word om 16 verpligte diensure per maand te werk teenoor die 8 ure voorheen in die kommandostelsel, terwyl boonop hierdie 16 ure gratis gewerk moet word voordat vergoeding intree. Die beskikbaarstelling van vuurwapens, reėlings i.v.m. range en die onafgebrokenheid van opleiding is ander aspekte wat haakplekke veroorsaak.
Die voorsitter van die Wet en Ordekomitee van Vrystaat Landbou (VL), mnr. Kobus Breytenbach van Zastron, het aan die Vrystaat Sake Bulletin gesź goeie skakeling bestaan op provinsiale vlak tussen VL en die SAPD en die SANW en dat hulle tweemaandeliks vergader. Op nasionale vlak skakel Agri SA met die regering. Die probleem kom egter in by die praktiese vordering wat gemaak word met bv. die implementering van sektorpolisiėring.
Hoe dit ookal sy, die feitelike aanduidings is dat 'n veiligheidsvakuum alreeds in plattelandse gebiede en in die boerderysektor ontstaan het. As die sowat 8 530 plaaseenhede in die Vrystaat met hul boere en plaaswerkers nadelig getref word, kan dit die 36% van die land se mielies, 50% van sorghum, 42% van koring, 23% van wol en 18% van suiwelproduksie wat die provinsie vir die SA opbrengs lewer, sleg tref. Landbou in die Vrystaat dra nagenoeg 9% by tot die provinsiale BNP, hoewel die waarde in terme van werkverskaffing en maatskaplike infrastruktuur veel hoėr is.
Dus is dit imperatief dat die Vrystaat sy landbousektor en die veiligheid daarvan in stand hou as een van die steunpilare van die provinsie. As sulks kan verwag word dat dit een van die besprekingspunte sal wees op die jaarkongres van Vrystaat Landbou wat 1-2 Augustus 2006 in Bloemfontein gehou word.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.