

Current Edition >> Archives Section >> Leading Stories >> 16-30 June 2005
• Johann Dannhauser
Beplanning is in 'n gevorderde stadium vir die ontwikkeling van die Royal Maluti Estate tussen die Clarens- Fouriesburgpad en die Caledonrivier as 'n węreldklas gholflandgoed vergelykbaar met die bekende Fancourt by George. Die beplande ontwikkeling sluit in o.m. ongeveer
1 000 residensiële eenhede op erfgroottes wat wissel tussen 2 000 en 8 000 m˛, asook twee 18-putjie gholfbane ontwerp deur Gary Player.
'n Woordvoerder van die ontwikkelaars, Mogwele Developers (Pty) Ltd. van Johannesburg, het aan die Vrystaat Sake Bulletin gesę dat die aansoek om dorpstigting tans by die Vrystaatse provinsiale regering dien, maar dat dit in so 'n gevorderde stadium is dat beplan word om met terreinwerke en konstruksie in Februarie 2007 te begin. Die begrote bedrag vir die infrastruktuurontwikkleling en sleutelfasiliteite in die projek beloop nagenoeg R795 miljoen, terwyl die totale begrote projekkoste wanneer al die residensiële eenhede teen 2011 voltooi sal wees, sowat R2,5 miljard bedra.
Die terrein vir die ontwikkelling beslaan die plase Groothoek105, Kromdraai106, Robyn143, Brandwacht144, Mombasa419 en die restant van Kilindinie269 in die Groter Clarens gebied.
Die beplande ontwikkeling sluit ook in 'n gholfklubhuis van węreldstandaard, 'n vyfster boetiekhotel, lodges, perdesportfasiliteite, konferensiefasiliteite, ander sportgeriewe, 'n kapel, 'n supermark, restaurante, ens. Die erwe is ook spesifiek ekstra groot ten einde ruimte vir stedelinge te skep.
Die infrastruktuurontwikkeling vir die projek sluit in besproeiingspompe en retikulasie, rou- en drink- waterreservoirs, watersuiweringswerke, afvalwaterbehandelingswerke, 'n interne padstelsel, waterpyplyn- en rioolnetwerke, 'n elektrisiteitsnetwerk, 'n waterontrekkingspunt in die Caledonrivier, damme, keerwalle en kanale, die verlegging van die S505 provinsiale pad, stalle en weikampe, oorhoofse en ondergrondse eletrisiteitsnetwerke en 'n elektrisiteitsubstasie.
Tans word impakstudies nog gedoen wat betref fauna en flora en habitat-sensitiwiteit, grond- en landboupotensiaal, ruimtelike konnektiwiteit, estetika, maatskaplike en erfenisimpak, oppervlak- en grondwater, afvalbestuur en toerisme-impak.
Die woordvoerder sę dat die gholfbane volgens USGA-spesifikasies gebou word sodat dit geskik sal wees om topgehalte internasionale toernooie aan te bied.
Volgens die woordvoerder geskied die ontwikkeling in vennootskap met swart ekonomiese bemagtiging, tewyl 'n trust geskep is van R35 miljoen vir maatskaplike opheffing in die Dihlabeng munisipale gebied.
Tydens die konstruksiefase sal na raming sowat 2 000 tydelike werksgeleenthede geskep word, waarvan 210 uiteindelik permanent sal wees. Hoewel daar bepaalde spesialiteitskonstruksie is wat slegs kontrakteurs van buite die provinsie kan lewer, sal verder sover moontlik slegs van plaaslike en Vrystaatse kontrakteurs en verskaffers gebruik gemaak word.
Dit is dus duidelik dat die Royal Maluti Estate ontwikkeling nie slegs 'n beduidende ekonomiese hupstoot vir die Vrystaat behoort te beteken nie, maar ook vir toerisme in die provinsie as geheel.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.