

Current Edition >> Archives Section >> Leading Stories >> 16 February 2006
Erge besoedeling van die Sandrivier by Virginia, hoofsaaklik a.g.v. vroeëre myn- en ander nywerheidsafvalstortings, veroorsaak deesdae 'n ernstige struikelblok vir veral toerisme-ontwikkeling langs die rivier. Mnr. Sakkie Stroebel van High Chapparal Oord net buite Virginia op die oewer van die Sandrivier, sê dat die water van die rivier is so besoedeld en deurtrek met ongewenste plantegroei dat dit 'n menslike gesondheidsrisiko is om in die water te kom, terwyl die rivier ongeskik is vir watersport.
Aangrensend aan High Chapparal is die grond wat geoormerk is vir die ontwikkeling van 'n nuwe gholflandgoed van miljoene rand, tesame met 'n prestige sportmuseum waarby die beroemde Springbokrugbyspeler Naas Botha ook betrokke is. Dit word gesien as 'n projek wat 'n broodnodige ekonomiese en toerisme-inspuiting vir Virginia en die Goudveld kan bring.
Die foto hieronder is geneem van die Sandrivier naby High Chapparal en die nuwe ontwikkeling.
Stroebel sê vertoë wat tot dusver tot die plaaslike, provinsiale en nasionale omgewingsowerhede gerig is oor die besoedeling van die rivier, het nog niks opgelewer nie. Eenvoudig geen reaksie word ontvang nie.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.