

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comment >> May 2004
Vrystaat volgende vyf jaar
Op die ekonomiese en besigheidsfront het die pasafgelope algemene verkiesing nuwe besems op die topvlakke van die Vrystaat gebring. Met die intrapslag het die nuwe Vrystaatse Premier, me. Beatrice Marshoff, die essensie van die saak raakgevat toe sy gesę het Vrystaters moet nie praat van die voorspoed in die provinsie as hulle nie die probleme van en omtrent die miljoene werkloses in plakkerskampe daadwerklik aanspreek nie.
Dit is onses insiens die toon vir ontwikkeling in die Vrystaat vir die volgende vyf jaar. Dit help nie ons geniet ons 4 x 4's, kuier langs ons swembaddens, vergelyk die kinders se skoolprestasies, beplan die volgende wegbreek, ens., terwyl miljoene in die provinsie smag na werk en een ete per dag nie. Dit help ook nie om blaam rond te gooi nie - as daar nie deur die pogings van o.a. die provinsiale Dept. van Toerisme, Ekonomiese en Omgewingsake, die Premier se Adviesraad, die VS Ontwikkelingskorporasie, munisipaliteite, plaaslike sakelui groot en klein en ander rolspelers daadwerklik werk geskep word en armoede verlig word nie, gaan almal 'n groot probleem hę.
Wat ook baie sal help, is as die regering asb. die misdaadgolf plat slaan, arbeidswetgewing minder werkgewervyandig maak en die boek toemaak op diskriminerende “regstellende” aksie.
Opportunities knocking
Amongst the number of business and developmental opportunities being reflected in this edition of the Free State Business Bulletin, those presented by the establishment of Centlec and the Technological Imbizo scheduled for the Free State this month, are particularly outstanding.
If the Centlec initiative could eventually be turned into the establishing of the first RED seat in Bloemfontein, it would be a breakthrough for progress in the province. We therefore urge all Free Staters to stand together on this issue and put whatever shoulder they can to the wheel.
As for the Technological Imbizo - what can Free Staters do in a very innovative way to make technology work for this province like it never has for any other province? Yes, indeed a major challenge! May this penny somewhere drop into the right slot.
Stop misdaad
Die misdaadbekampingsaksie in Westdene, Bloemfontein, is baie in die kollig en heeltemal tereg so. Indien die besigheidsektor in Westdene, in samewerking met die SA Polisiediens, 'n suksesvolle model kan implementeer, kan dit 'n bres slaan vir die res van die provinsie. Daarom móét in hierdie saak saamgewerk en volgehou word. Besonder bemoedigend is die doelgerigte inisiatiewe van die Vrystaatse Departement van Veiligheid, Sekuriteit en Skakeling, soos blyk uit hul promosieblad in hierdie uitgawe.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.