

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comment >> March 2009
Wat 'n jaar
In die uitgawe van Desember 2007 / Januarie 2008 van die Vrystaat Sake Bulletin is op die voorblad gesê “Veiligheidsgordels vas vir 2008!” - en wat 'n jaar was dit nie!
2008 was die jaar waarin o.m.:
• Eskom ons bekendgestel het aan elektrisiteitsonderbrekings en beurtkrag.
• Meer as 90% van munisipaliteite in die Vrystaat platgeval het met dienslewering en nie ongekwalifiseerde ouditsverlae kon behaal nie.
• Die watersituasie betreffende drinkwater en die gehalte van die ondergrondse watertafel in SA en ook in die Vrystaat dramaties versleg het, met negatiewe impak op ook die ontwikkelingsektor.
• Die VSA as die magtigste land in die wêreld tegnies bankrot gegaan het, met 'n tuimelende domino-effek op finansiële markte regdeur die wêreld.
• Die SA ekonomie ook nadelig getref is en besig is om erg te verlangsaam, met grootskaalse werksverliese en stygende verbruikerspryse.
• Die staatspresident van SA deur sy regerende politieke party gevra is om te bedank en hy in sy amp vervang is.
• Die ANC as regerende party geskeur het, met gevolge tot op grondvlak, ook in die Vrystaat.
So 2008 was inderdaad 'n jaar van aardskuddende veranderinge. Is die situasie oor die algemeen nou slegter of beter as aan die begin van die jaar?
Ons sou sê dit hang af hoe jy dit beskou. Nog altyd was dit so dat die slegste van tye die beste van geleenthede bied. Dit hang dus af of jy positief of negatief ingestel is en of jy geleenthede gaan raaksien en benut.
Ons sê hou vir 2009 die veiligheidsgordels aan, maar wees terselfdertyd reg om die gapings te vat na beter geleenthede as ooit tevore!
Wat spesifiek die Vrystaat betref, sê ons dis nie die rykste en grootste plek om te wees nie, maar nogtans 'n uitstekende plek – miskien strategies die beste plek. Weereens: Kyk vir die geleenthede!
Seasons greetings
The Free State Business Bulletin would like to sincerely thank all its readers, advertisers and associates for their excellent support during this past year.
You are our newspaper!
We wish everyone of you the Peace of Christmas, an invigorating holiday season and happiness, health and prosperity in 2009!
Belydenis
Dit is ons behoefte om te sê die Hemelse Vader was deur die genade van Jesus Christus en deur Sy Heilige Gees genadiglik baie goed vir die Vrystaat Sake Bulletin die afgelope jaar. Uit, deur en tot Hom is alle dinge. Aan Hom al die eer en dank.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.