.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::SMME Info

.::Comments





















Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comments >> 17 - 31 July 2003


Editorial comments


Beginselstandpunt
Dit is nodig dat die beginselstandpunt van hierdie koerant soos volg geformuleer word :

1. Christelikheid as hoogste norm.
2. Bevordering van ontwikkeling en besigheidsvooruitgang in die Vrystaat provinsie en wat daarmee in verband staan. Enige iets wat dit bevorder, steun ons en enige iets wat dit benadeel, is ons gekant teen.
3. Apolities, m.a.w. totaal buite die politiek.
4. Talig : Afrikaans en Engels, met 'n sprinkel Sesotho.
5. Onkreukbaar in ons integriteit.
6. Neutvars in ons nuus- en vertolkingsaanbieding.
7. Byderwets in ons voorkoms.
8. Klokhelder in ons kommunikasie.
9. Uniek in ons teikengerigte verspreiding by besighede en owerheidsektore in en om die Vrystaat.
10. Onverbiddelik in ons strewe na beste diens vir ons adverteerders en kliënte en in verskaffing aan hulle van beste waarde vir geld.

Monsters on our roads
What is becoming more and more a life-threatening problem to all Free Staters, is the over-uitilization, or rather misuse, of the roads through our province by huge trucks mostly from outside our borders. These massive trucks if not 26 wheels to one vehicle, then horse and trailer monstrosities are not only a tremendous wear and tear on road surfaces, but in case of accident inevitably leave the other vehicle with the lesser chance for survival. Aggravating factors are constant overloading of trucks, while especially at night they constitute a life-threatening menace on our roads.The solution? In Gauteng the provincial department of transport is contemplating various measures, including a curfew at night, stricter law enforcement entailing maximum fines of R120 000 for overloading, etc. They need to be supported. Then of course a return to greater freight transport by Spoornet would also be a step in the right direction. It is a huge problem, but, really, something drastic has to be done.

Geluk aan Motheo
In 'n promosie in hierdie uitgawe stel die Motheo Distriks Munisipaliteit dit in perspektief dat hul rol as distriksmunisipaliteit duidelik verander het van bloot instandhouer van infrastruktuur na dié van ontwikkelingsagent op velerlei terreine, veral plaaslike ekonomiese ontwikkeling, entrepreneurskap, opkomende besigheid en toerisme. Gevolglik word die begroting en toekomstige aktiwiteite van die Distriksmunisipaliteit diensooreenkomstig aangepas. Terselfdertyd word die opwindende ontwikkelings- en beleggingspotensiaal van die Motheo-streek blootgelê. Vir hierdie versiendheid en daad by die woord voeg - inderdaad opstaan en sê presies waar hulle staan en waarheen hulle oppad is - verdien die Munisipaliteit gelukwensing. Terwyl mense en stelsels feilbaar is en Motheo nog nie finaal gearriveer het nie, is dit die oortuiging van die Vrystaat Sake Bulletin dat die aangepaste koers van die Munisipaliteit die regte pad is.


Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.