.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::SMME Info

.::Comments

















Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comments >> July 2002


Editorial Comments


Nepad: Die uitdaging
Die aanvaarding van die Suid-Afrikaans-geïnisieerde Nepad ("New Economic Plan for Africa's Development") by die G8 beraad in Toronto, Kanada, soos opgevolg deur die stigting van die Afrika Unie in Durban, lui verseker 'n nuwe era vir Afrika in. Hoewel Afrika-state reeds vir 40 jaar staatkundige onafhanklikheid het, is die vasteland polities, ekonomies en maatskaplik die agterste van al die kontinente. Suid-Afrika is by verre die mees ontwikkelde land op die vasteland. So, Nepad is 'n briljante idee wat se tyd ryp is. Wat is egter die kanse op sukses van Nepad? Gaan dit vir die kleinsakesektor - die entrepreneur op die grond - 'n betekenisvolle verskil maak? Om tot die punt te antwoord: Ons meen dat Nepad net gaan slaag as dit volgens eerstewêreldstandaarde - en niks minder nie - bedryf word. Dit beteken uitleef van die beginsels van demokrasie, wet en orde, uitroei van korrupsie, vryemark ekonomie, ens. Dit beteken geen plek vir die huidige Zimbabwe-opset - in woord en daad - nie. Ondanks al die mooi planne en woorde, is Zimbabwe waarskynlik die eerste toets.

The success of the MAC's
While the national government's SMME policies and strategies have as yet lacked credibility in terms of tangible results and a dent in the unemployment and poverty problem, the Namac-setup is one of the shining exceptions. Namac is the National Advisory Manufacturing Advice Centre of having MAC (Manufacture Advice Centre) for every province in the country. Of all the economic sectors, manufacturing is the one adding most value to the economy, contributing tangibly to growth, job creation and raising of standard of living. Therefore the MAC concept is correctly positioned in the first instance, while secondly the program has been very well put together, with its expert advice, practical implementation and professional bench-marking. Thirdly, the MAC-program has been rolled out successfully in by now just about all nine provinces and it is in fact working very well. In provinces such as the Eastern Cape, KZN and Gauteng it is functioning with great success, while the latest baby, Westmac, is giving healthy cries. It is only in the Northern Cape and the Free State where the provincial authorities must assist the last bit to get the respective centres up and running. The MAC program is indeed an SMME success story in SA and we congratulate the promoters of it.

Noordwes-provinsie
Met dié dat Die Sake Bulletin in meerdere of minder mate bedrywig is in vier van die sentrale provinsies in die land, nl. Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes en Gauteng, kry ons 'n gevoel van die ekonomiese sterkte en intensiteitsvlak van besigheid in die vier provinsies. In die afgelope tyd het ons meer met Noordwes-provinsie te doen gekry en ons moet sê hoe meer ons sien, hoe meer hou ons daarvan. Noordwes as 'n provinsie het groot protensiaal en die rolspelers lyk asof hulle iets daarvan wil en kan maak. O.a. is die Klerksdorp metropool besonder lewendig, Potchefstroom lyk reg vir besigheid, goeie dinge kom uit Mafikeng en Rustenburg word bestempel as een van die sterkste groeipunte in SA. Hou Noordwes dop - soos u ook uit hierdie uitgawe kan sien.


Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.