

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comments >> 1 - 17 December 2003
Entrepreneurship
Covering various subjects, this edition notably reflects the manifestation of entrepreneurship prevalent in just about all these subjects. Entrepreneurship is the driving shaft of the free market system and for that matter in every successful economy that has ever been. In this edition, read about them on the Rosendal page, in the Bloemfontein south promotion, in the special feature on Security and even elsewhere. As we bring you stories of achievements of entrepreneurs, may it serve to encourage and motivate others to do likewise or to improve on their own achievements.
Dwelms in Bloem
Wat die publiek al lank vermoed én weet, is dat daar 'n florerende bedryf in dwelms in Bloemfontein is, veral in die Westdene-area. Die afgelope twee maande het die SAPD ná lang intensiewe ondersoeke toegeslaan op verskeie klubs en meer as 20 verdagtes, vier sleutelhandelaars en 'n “meesterbrein” in hegternis geneem. Sommige is uit op borgtog, maar laasgenoemde vyf is steeds in aanhouding. Verskeie hofsake is op die rol vanaf 7 Desember 2003.
Mag die Polisie en regsproses korrek en hard werk met hierdie gewetenlose handelaars en hul meelopers wat teer en floreer op die vernietiging van menselewens. Ter ondersteuning hiervan, mag die betrokke owerhede, soos die Munisipalitieit, die Drankraad, die Polisie en andere wat oor die nodige wetlike magte beskik, die handelsvergunning intrek van die klubs en hul eienaars wat die broeineste vorm vir die dwelmeuwel.
Twee VS ekonomiese bakens
Die afgelope week is gekom by twee uitstaande bakens in die Vrystaatse ekonomie en besigheidswêreld: Die jaarlikse Aandeelhouersforum van die Premier se Ekonomiese Adviesraad en die jaarlikse Besigheidstoekennings van die Premier aan top sakepresteerders in die Vrystaat. Op die Forum en vergadering van die VS Ekonomiese Adviesraad was 'n dringendheidsbesef vir praktiese resultate in die kwynende Vrystaatse ekonomie waarneembaar. Dit lyk of die Adviesraad met sy voorsitter dinge bymekaar begin kry en of hulle in 2004 by 'n lewensvatbare provinsiale ekonomiese ontwikkeling- strategie kan uitkom. Ons hou hulle met belangstelling en afwagting dop. Die jaarlikse beloning van top besigheidspresteerders in die provinsie is uiteraard belangrik om entrepreneurs aan te moedig en aan te spoor. Mag die Departement wat dit hanteer in 2004 van meet af 'n algemene openbare bewusmaking van die proses skep sodat soveel as moontlik kandidate daaraan kan en sal deelneem en mag sommer terselfdertyd provinsiale regering en privaatsektor 'n stappie nader aanmekaar beweeg ter wille van die voordeel van die hele provinsie.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.