.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comments >> 1 - 17 August 2003


Editorial comments


Nuwe konsep in reklame
Dit dien beklemtoon te word dat die Vrystaat Sake Bulletin in die volgende opsigte 'n nuwe konsep in reklame daarstel - 'n konsep wat tot onlangs nie bestaan het nie:

• Deurdat die koerant letterlik van besigheid tot besigheid en by owerheidsinstansies versprei word, bied dit 'n direkte adverteringsmedium aan spesifiek besigheid en regering in die provinsie.
• Afgesien van betaalde advertensieruimte, bied die Vrystaat Sake Bulletin ook gratis redaksionele dekking aan sy adverteerders en skep sodoende sake en ontwikkelingsnuus wat dikwels andersins nie die lig sou gesien het nie.
• Dit koppel op 'n unieke en opwindende wyse die papieruitgawe van die koerant (oftewel harde kopie) aan Internet-advertering (oftewel elektroniese reklame) d.m.v. die Sakegids / Business Index op die webwerf van die koerant waarvoor maklik gekwalifiseer kan word. Die inhoud van die koerant bevat 'n Vrystaat-gerigte fokus wat eenvoudig nie maklik elders aangetref word nie.
• Les bes, die persoonlike en kundige aandag van ons bemarkers aan die individuele reklamebehoeftes van ons kliënte. Dit gaan vir ons nie oor 'n tref-en-trap werwing nie, maar oor 'n persoonlike en professionele inset om die kliënt te help om meer geld te maak.

As sulks skep die Vrystaat Sake Bulletin inderdaad 'n nuwe marksegment. U sal egter net verseker weet indien u ons probeer !

Business support centre
At last a comprehensive, well-planned business centre for supporting SMME's - both going concerns and start-ups - is taking shape in the Free State. This is the Business Development Service Centre being planned actively by the Mangaung Local Municipality, as being profiled in this edition. There is a dire need for such a centre, not only in Mangaung, but also at many other points elsewhere in the Free State and the Free State Business Bulletin has for a long time advocated provision in this need. The Mangaung project sincerely deserves the support, co-operation and synergization of all stakeholders concerned.

Advertensiekapers
'n Mens tel hulle soms op by sekere besighede en instansies - hierdie volkleur boekies propvol advertensies en niks anders nie. Geen redaksionele inhoud en geen aanduiding van hoeveel eksemplare gedruk is nie en waar dit versprei word nie. Gewoonlik ook geen aanduiding van die uitgawe nie. Net die aaneengerygde advertensies. Hoeveel reklamewaarde het so 'n boekie vir die adverteerders of is hulle as't ware gekaap om hul geld in die water te gooi? Besighede en instansies kan tog gerus daarop let dat van publikasies waarin hulle oorweeg om te adverteer, hulle weet wat die bewese oplaag is en presies waar dit versprei word, terwyl die uitgewer ook sy of haar besonderhede duidelik moet publiseer. Anders lag iemand al die pad bank toe, terwyl terselfdertyd iemand oppad soontoe huil.


Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.