

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comment >> 8 May 2007
Dink groot!
Aangesien ek in elk geval gaan dink kan ek net sowel groot dink, het iemand by geleentheid gesę en hoe waar is dit nie!
Dit is waar van elke faset van 'n mens se lewe jou studie, jou besigheid, jou sport, jou loopbaan, selfs jou huwelik, noem maar op.
Dit is ook so dat die lewe besaai lę met stukende drome, dis deel van die lewe en sy misterie. Dit wys net dat 'n mens realisties moet wees. Miskien lę die antwoord in kop in die wolke en voete op die grond.
Ten diepste kom dit neer op geloof As julle geloof soos 'n mosterdsaadjie het, sal julle vir die berg kan sę lig jouself op en gooi jou in die see, het iemand eenkeer langs die Galilese Meer gesę. Dié geloof kan 'n mens net hę as jy die Een ken wat dit gesę het.
As dėt so is, dan kan jy groot dink.
En sonder om groot te dink, kan jy nie groot bereik nie.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright Š 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.