

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comment >> 23 January 2007
Nuwe formaat
U het in u hande die begin van 'n nuwe formaat Vrystaat Sake Bulletin – nie slegs verskyn die koerant van nou af weekliks nie, maar word bepaalde vaste afdelings in die koerant geïmplementeer. Hierdie vaste afdelings behels PropertyBulletin (vir geregistreerde eiendomsagentskappe), StyleBulletin (vir verskaffers wat 'n gesonde leefstyl bevorder), WheelsBulletin (vir die voertuigbedryf), SkillsBulletin (vir verskaffers van opleiding en vaardigheidsontwikkeling) en ClassifiedsBulletin (vir tenders, regskennisgewings en “smalls”).
Dit is nou benewens die res van die koerant wat alles moontlik dek betreffende besigheid en ontwikkeling in die Vrystaat en eintlik sentraal Suid-Afrika.
Die Vrystaat Sake Bulletin word op 37 dorpe en stede in sentraal SA versprei en wel deur 'n unieke verspreidingstruktuur wat die koerant uitbring by die besigheid- en regeringsektor, d.w.s. 'n strategiese teikenmark en die hoër inkomstekategorie. Die oplaag is 25 000 eksemplare per uitgawe.
Ons advertensietariewe is steeds dieselfde as in 2006, hoewel daar spesiale laer tariewe is vir eiendomsagentskappe en regskennisgewings. Oor die algemeen loop die advertensietariewe op 'n baie voordelige glyskaal van hoe meer plasings, hoe goedkoper word dit.
Die Vrystaat Sake Bulletin het natuurlik ook sy webwerf by www.bulletinonline.co.za waar alles wat in die koerant self verskyn, ook gelees kan word, insluitende die advertensies. Die Argiewe-afdeling van die webwerf is sonder vrees vir teëspraak die beste bron beskikbaar betreffende sake-inligting oor die Vrystaat.
Die Vrystaat Sake Bulletin is 'n opwindende projek wat almal wat belang stel in en deel het aan die ontwikkeling van die Vrystaat en sentraal SA, nooi tot deelname, op die wyse van u behoefte.
"Politics" of the Bulletin
As has ever been, the Free State Business Bulletin is definitely non-political, i.e. we are not siding with or lining up with any political party. We don't preach politics.
We are however founded on Christian principles.
For the rest, the Free State Business Bulletin is for business and development in the Free State / central SA. What is beneficial for business and development in our region in the general interest, we are supporting and what is detrimental, we are against. That is our “politics”.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.