

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comment >> 20 November 2006
Positive Free State developments
Amidst an often gloomy Free State developmental picture, three rays of hope have recently come to shine. The first is the positive attitude and the encouraging steps the Free State Tourism Authority is taking. These and also the way the body has taken charge of the Macufe Festival bodes really well for the tourism sector in the province.
Secondly, the professional way in which the Mangaung Local Municipality is tackling arrangements for Bloemfontein / Mangaung as a host city for 2010 is encouraging. It would seem that much good for development in the city and the surrounding region might flow out of this drive over the next four years.
Thirdly, in Welkom at the Matjhabeng Local Municipality a new wind is blowing with a lot of positive sounds. According to reports under the leadership of Executive Mayor Mathabo Mokapo and Municipal Manager Benny Malakoane a constructive overhaul of the objectives, operating system and staffing structure of the municipality is being done, boding well for reinstating business confidence in Welkom and the Goldfields.
Developmental initiatives such as these certainly need every support, also from the business sector. We certainly wish these initiatives with theire initiators and drivers well.
Oranje beteken ook geld
Die voorstel van die Vrystaatse Sport- en Rekreasieraad, gedoen op aanbeveling van Vrystaatse regeringsleiers, dat die kleur oranje nie deel mag vorm van die drag van die 68 Vrystaatse sportfederasies nie, is verwerplik.
Hierdie blatante politieke inmenging in Vrystaatse sport verdien om in beginsel verwerp te word omdat, eerstens, dit ‘n algemene internasionaal-erkende beginsel is dat politiek en sport twee verskillende lewensfere is wat nie met mekaar inmeng nie. Tweedens, is dit ondemokraties indien politici diktatoriaal aan sportadministrateurs, sportlui en die sportpubliek voorskryf.
Die kleur oranje in die Vrystaat het niks met politiek te doen nie. Dit is wel deel van die kultuurerfenis van die blanke bevolkingsgroep en behoort as sulks, binne die verskeidenheid wat die Vrystaat en SA opmaak, erken en gerespekteer te word. Wat sou bv. gebeur as blankes die kleur rooi boikot omdat dit die kleur is van die SA Kommunistiese Party – ‘n ideologie wat die bloed van miljoene mense wêreldwyd gekos het?
Wat meer is, die Oranje Golf wat deur Bloemfontein en die Vrystaat gespoel het met die Curriebeker-sukses van die Vrystaat Cheetahs, was die grootste verenigde faktor wat die provinsie oor alle kleurgrense heen in ‘n lang tyd getref het!
Die Cheetah korporatiewe identiteit met sy oranje kleur het sterk besigheidswaarde opgebou, met ‘n direkte en indirekte positiewe rimpeleffek vir alle Vrystaters.
Die voorstel tot skrapping van oranje sal onvermydelik lei tot groot vervreemding tussen wit en swart in die Vrystaat – iets wat ook die reeds gestremde ekonomie kwalik kan bekostig.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.