.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comment >> 1-15 July 2006


Editorial Comment


2010 gereedheid
Natuurlik wil enige regdenkende en gebalanseerde Suid-Afrikaner hę dat die suksesvolle bod om die Sokker Węreldbeker in 2010 aan te bied, op koers bly en uiteindelik met 'n dawerende sukses moet slaag. Die kliniese feite rakende die gereedheid van Suid-Afrika – en ook van Bloemfonetin as een van die gasheerstede – op hierdie stadium minder as vier jaar vanaf D-datum, laat egter die gevaarligte flits. Dit blyk duidelik uit die voorbladberig van hierdie uitgawe. Vind 'n suksesvolle aanbieding plaas, gaan alle Suid-Afrikaners – en Vrystaters – direk en/of indirek baat, maar kom die storie nie af nie en is dit 'n vorm van mislukking, gaan dit vir almal katastrofaal wees. Daarom is dit gepas om nou baie nugter en wakker na die feite te kyk. Om hierdie węreldgeleentheid aan te bied vir die mense wat verwag kan word om dit by te woon – meestal eerstewęreldburgers wat die beste gewoond is -soos wat die Duitsers tans vir hul voorsit, vereis dat Suid-Afrikaners nou al uit die wegspringblokke met die organisasie moes gewees het. Ons is egter nog nie daarby nie, wat beteken dat ons met meer as voluit oor die volgende 40 maande daarvoor moet opmaak. Dit verg egter nie 'n profeet of politikus om te weet agteruitgang in infrastruktuur, verval in plaaslike regering, onaanvaarbare hoë misdaadvlakke en diskriminerende ekonomiese praktyke is groot struikelblokke in die pad. Die debat is aan die gang – maar die feite gaan die laaste woord spreek.

Congratulations to Clarens!
Our congratulations to Clarens on being the first town in the Free State to achieve Proudly South African status! Notably about it, is that it comes almost 100% from private sector initiative and that governmental structures play very little, or no role in it. Also the achievement did not dawn overnight – it is the result of many years of private initiative and effort from a large variety of entrepreneurs at Clarens and surroundings that made the final achievement possible and viable. Some lessons to be learned.

Nommerplaatloos - nuwe mode?
As mens so om jou kyk, kan jy nie help om die skynbare nuwe modegier op te merk nie – nommerplaatlose motors en bakkies. Seker een uit elke 10 voertuie het nie nommerplate op nie. Simptomaties van die gemeenskap waarin ons leef – baie wette, min toepassing?

Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.