

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comment >> 1-15 August 2006
Universiteit van die Vrystaat
Met navorsing wat altyd 'n inherente deel van ontwikkeling sal wees, is dit hoogs vanpas om 'n aanduiding te kry van wat gebeur by die Vrystaatse Universiteit as oudste instansie van sy soort in die provinsie en in sentraal SA. Derhalwe bied die Vrystaat Sake Bulletin graag die spesiale oorsig soos in hierdie uitgawe.
Dit blyk dat die Vrystaatse Universiteit inderdaad 'n trotse rekord het en dat wat tans navorsingsgewys by die instansie plaasvind, nie net opwindend is nie, maar ook in pas is met die vereistes van die hedendaagse Suid-Afrika. Daar word uistaande werk gedoen deur die mense wat tans daar in diens is en wat aan die stuur van sake staan.
In die lig daarvan word van die kant van die Vrystaat Sake Bulletin eenvoudig gesê: “Doet so voort!”
Ook daarom is dit ons siening dat politiek nie 'n stok in die speke van 'n wiel moet druk wat goed loop en sy ding doen nie. Dit is wat “transformasie” net ter wille van “transformasie” kan doen – 'n wolf wat van die deur gehou moet word.
Women's Month
To the nicer things in life – or is it?!
August is traditionally Women's Month and this edition carries a brief feature acknowledging that.
We simply say we acknowledge the tremendous and essential role women are fulfilling in our province and in our country. This is not only as wives, daughters and mothers, but also in the workplace and in industry all over. You are doing a great job!
Thank you, women, for what you are doing and what you mean for our country and for us men. We treasure you!
And when we men do not always measure up to expectations – do have patience with us and view us with a kind eye!
Toerismemaand
September is weer tradisioneel Toerismemaand en aangesien in hierdie bedryf talle opwindende ontwikkelings in die Vrystaat en in die sentrale deel van die land aan die gang is, beplan die Vrystaat Sake Bulletin 'n spesiale uitgawe daaroor in beide die 1 September en die 15 September 2006 uitgawes. Enige iemand wat belang stel om deel daarvan te wees, kan vir Minette Roux skakel by (051) 430 5445 of epos by marketing@bulletinonline.co.za.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.