

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comment >> 15 September 2007
Vrystaat te min entrepreneurs
Pas het ‘n ondersoek van die Global Entrepreneurship Monitor (GEM) bevind dat die aktiwiteitsvlak van nuwe entrepreneurs wat Suid-Afrika oplewer na verhouding aansienlik laer is as dié van ander ontwikkelende lande in die wêreld.
Vroeër vanjaar het prof. Johan van Zyl van die Eenheid vir Volhoubare Entrepreneurskap aan die Universiteit van die Vrystaat in 'n ondersoek bevind dat slegs 6% van alle entrepreneurs in die Vrystaat werklik 'n sukses van hul ondernemings maak. Die ander entrepreneurs is hoofsaaklik werkloses wat net-net 'n bestaan maak.
Vir die Vrystaat om ekonomies volhoubaar te groei, is meer entrepreneurs nodig. Bygesê entrepreneurs wat nie kunsmatig gestut word deur SEB-maatreëls en / of soustrein ry nie.
Hoekom het die Vrystaat spesifiek te min entrepreneurs? Wat presies is die fout? Wat kan / behoort gedoen te word om dit reg te stel?
Ons het nie die antwoord(e) nie. Miskien het ons lesers. Laat ons weet – ons wil graag u mening publiseer.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.