

Current Edition >> Archives Section >> Business Pointers >> May 2001
• Vakbondlidmaatskap daal: Volgens arbeidskonsultante, Andrew Levy, het vakbondlidmaatskap in Suid-Afrika sedert 1998 met 11,8% gedaal vanaf 3,8 miljoen to 3,3 miljoen - hoofsaaklik weens die vernietigende uitwerking van arbeids-besnoeiing in die meeste sektore van die ekonomie. Vakbondlidmaatskap is nou 68,8% van die 4,8 miljoen mense wat in die formele sektor werk. Dit verteenwoordig egter slegs 30,8% van die totale 15,8 miljoen mense wat ekonomies aktief is.
• Botswana top credit rating: The authoritative Moody's international credit rating is awarding Botswana an A2 credit risk rating for long-term debt - the best in Africa.
• Vulstasies trek swaar: Volgens mnr. Awie Botha, voorsitter van die Vrystaatse en Noord-Kaapse streek en nasionale vise-voorsitter van die Brandstofhandelaars-vereninging (Safda), kan vulstasies nie meer op 'n winsmarge onder 12% oorleef nie en veral handelaars op die platteland word deur bankrotskap in die gesig gestaar. Hy sê die ironie is dat brandstof-prysverhogings winsmarges van vulstasies laat krimp. Tans word meer as 75% van die vulstasies teen 'n verlies van 3c per liter bedryf en moet hulle staatmaak op die reserwes die afgelope vier jaar opgebou. Dit is inderdaad slegs die groot vulstasies wat 300 000 liter of meer per maand pomp, wat nog 'n bestaan kan maak.
• KMMO's verskaf meeste werk: Volgense syfers van Ntsika Entrepreneursbevorderingsagentskap in sy 2000/01 Oorsig het klein, medium-en mikro-ondernemings in 1997 sowat 57% van die werksgeleenthede in die private sektor in
Suid-Afrika verskaf. Syfers word ook aangehaal wat dui op 'n laer digtheid van eie
ondernemings in Suid-Afrika, nl. 20 per 1 000 mense teenoor 59 per 1 000 in Italië, 30
per 1 000 in Lesotho, 41 per 1 000 in Swaziland en 41 per 1 000 in Zimbabwe.
• Municipal debts to Eskom remains astronomical: In the 2000 annual report of Eskom it appears that the outstanding debt of municipalities in SA to the electricity supplier stands currently at an astronomical R2,2 billion. Although much of it is historical by nature, with some of it incurred by municipalities not in existence anymore, the debt cannot be written off summarily. Real problem accounts are amounting to R1,57 billion.
• Eskom shows roaring profit: Despite its huge problem with municipal accounts, Eskom's annual report for 2001 shows a nett profit increase of 51% to over R3 billion. In addition 2,39 million new electrical connections have been made to households over the past 10 years. Eskom supplies in about 95% of SA's electricity needs. Eskom also supplies about 60% of electricity being consumed in Africa, operating in 25 African states.
• Likwidasies van BK's: Volgens syfers bekend gemaak deur Statistiek SA het die totale aantal likwidasies van beslote korporasies in Februarie 2001 met 66% van 229 tot 382 toegeneem, vergeleke met Februarie verlede jaar. In die eerste twee maande van vanjaar het likwidasies met 61,1% van 422 tot 680 toegeneem. Wat kommer wek, is dat likwidasies van maatskappye in die eerste twee maande van 2001 met 6,6% gedaal het, terwyl die likwidasies van beslote korporasies in dieselfde tydperk met 152,2% gestyg het.
• Shorter road between Bloemfontein and Kimberley: The road between Bloemfontein and Kimberley is to be shortened by 15 km by upgrading the road via Petrusburg. This should take some 75 minutes to cover at maximum permissible speed, in contrast to the 90 minutes the current preferable route via Boshof and Dealesville takes. The new upgraded route costing some R33 million, is to be opened June 2001.
• National Parks outsourced: SA National Parks are to outsource 16 restaurants and 27 shops in some of its nature reserves to the private sector. These are principally in the Kruger National Park, but also in the Tsitsikamama, Addo and Mountain Zebra National Parks. Details available on the National Parks web site: www.parks-sa.co.za.
• Senwes rasionaliseer verder: In 'n voortgaande rasionaliseringsproses het Senwes sy grondbone bak- en geuraanleg in Hartswater aan huidige werknemers as hoogste en suksesvolle tenderaars verkoop. Die Just Nuts-handelsmerk, waaronder gebakte en gegeurde grondbone aan die kleinhandel bemark word, is by dié transaksie ingesluit. Intussen het die samesmelting van die Kanadese voedselgroep McCain en Heinz Frozen Foods tot gevolg dat Senwes se belang van 35% in dié bevrore aartappelprodukte-onderneming saam met die 65% van Heinz Suid-Afrika aan McCain verkoop word. Senwes het ook intussen besluit om beheer van Profert, 'n nasionale
kunsmis-onderneming, oor te neem.
• Nuwe gholflandgoed by Franschhoek: Die bou van die Pearl Valley-gholfontwikkeling en Spa teen R1,3 miljard naby Franschhoek is aangekondig. Die ontwikkeling, wat tussen Franschhoek en die Paarl geleë is, sal bestaan uit 'n gholfbaan met wooneenhede, 'n hotel en 'n sap. Die gholfbaan word teen 'n koste van R1,8 miljoen deur Jack Nicklaus ontwerp. Die aankondiging kom as goeie nuus vir die Franschhoek-vallei wat reeds groot verwagtings van ekstra werksgeleenthede by die plaaslike gemeenskap koester.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.