.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Business Pointers >> June 2001


Business pointers :: Sakeflitse


• Foreign visitors to SA increase: According to a recent study by the Dept. of Environmental Affairs & Tourism, more than 2,8 million foreigners visited South Africa between January and June 2000, spending R1,1 billion. Foreign arrivals increased by 4,4% - from 694 787 in 1999 to 726 698 in 2000.

• ABSA sluit takke: ABSA Bank, wat sedert April 1998 tot Maart vanjaar reeds 450 takke gesluit het, het bekendgemaak dat dit oor die volgende jaar nog 50 takke gaan toemaak. In die proses het die werknemerkorps afgeneem van 44 000 tot 34 000, maar hiervan is slegs 2 500 afgelê.

• US economy shows value of service sector: According to a report by the International Institute for Management Development, the USA has turned into a service economy in just 10 years with the service sector now accounting for nearly 70% of GDP up from 40% a decade ago. The country also remains the most competitive in the world, with Singapore second. SA has raised one notch since the last survey - to 42nd place out of 49 countries.

• Suid-Afrikaners dobbel verskriklik: Volgens syfers in die Parlement verstrek, bestee Suid-Afrikaners jaarliks sedert 1996 sowat R7,5 miljard in die dobbelary- en casinobedryf. Redes wat die Dept. van Handel & Nywerheid aanvoer vir hierdie tendens van dobbelary sluit in 'n merkbare skuif van weddery op perde na casino's en slotmasjiene, provinsiale loterye wat deur die nasionale lotery vervang is en 'n verandering in mense se uitgaweprogram weg van drank en ander vorme van vermaak na dobbelary.

• SA consortium big into Mozambique: Investors in SA now have the opportunity to own a part of Mozambique's sought-after coastline for at least the recent 50 years. The Mozambiquan government recently award its largest single private concession to a SA developer who intends investing some R75 million in the project over the next five years. The 30 000 ha Vilanculos Coastal Wildlife Sanctuary (VCWS) is situated south of the famous Bazaruto archipelago, about 750 km north of Maputo in Inhambane province. The SA consortium that will develop VCWS consists of Jordan Properties, Hugh Brown Holdings, the Allan Mansfield Family Trust and the Mozambiquan Minister of Environmental Affairs, Mr. John Kachamila.

• SA Poskantoor op groot verlies: Die SA Poskantoor het bevestig dat sy geldelike verknorsing verdiep het tot 'n verlies van sowat R700 miljoen sedert hy in 1999 'n bestuurskontrak van R185 miljoen met die Nieu-Seelandse Post International (NSPI) gesluit het - 'n kontrak wat pas summier opgeskort is.

• Verlies van sitrusoes skep krisis: Die heenkome van sowat 20 000 mense is in die weegskaal en sitrusoeste van sowat R22 miljoen gaan ten gronde terwyl die Noordelike Provinsie se departement van landbou en omgewingsake besig is met die herstrukturering van sy kommersiële landbouprojekte. Op Zebediela, eens die wêreld se grootste sitrusplaas, gaan 'n sitrusoes van sowat R8 miljoen tot niet met duisende rande se suurlemoene wat reeds onder bome lê en vrot. Honderd kilometer verder op die spogplaas Gillemberg, gaan 'n inkomste van tot R200 000 elke dag verlore omdat daar geen chemikalië en verpakkingsmateriaal beskikbaar is om die oes van R14 miljoen af te haal nie.

• Black empowerment on the downside: According to evident facts, black empowerment is backsliding - although there are more black millionaires in SA than ever before. Black entrepreneurs currently own less that 5% of investments on the JSE, in comparison with 10% three years ago. In financial terms black-owned shares decreased from R20 billion in 1998 to R2,5 billion in 2000. A third of black-controlled companies on the JSE experienced price declines of more than 50%.

• Verdere terugslag vir Vrystaatse Goudvelde: Na die voortgaande afskaling van die goudmynbedryf in die Vrystaat die afgelope paar jaar en die negatiewe invloed wat dit het op die ekonomie van Welkom en omgewing, het 'n verdere dubbele terugslag die streek getref met nuus dat die St. Helena goudmyn by Welkom (die oudste goudmyn in die streek) gaan sluit en dat drie skagte van die Beatrix Myn ook tydelik gesluit is ná die jongste ramp waarin 12 mense dood is. Die staking van werk by Beatrix kan 'n verlies van derduisende rande aan produksie beteken, terwyl meer as 2 000 mense deur die sluiting van St. Helena geraak word.

• Anglo American bid for De Beers succeeds: The Oppenheimer family, which has controlled much of the world diamond trade for over 70 years, has successfully bid $17.6 billion to turn the De Beers diamond colossus into a private company, in partnership with its sister corporation, Anglo American PLC. The world largest mining company, Anglo American, already owns 32,2% of De Beers, which in turn owns 35,4% of Anglo American. De Beers - which controls about two thirds of the world's trade in rough, uncut diamonds - will be taken over by a consortium - owned 45% by Anglo American, 45% by the Oppenheimers and 10% by Debswana, a mining company in Botswana owned by the Botswana government and De Beers. The combined stake in the new, reformulated De Beers of Debswana and the Oppenheimers, a family said to be worth over $3 billion - will be 55%.

• Transito rooftogte floreer: Volgens die BD van Fidelity Kontant-bestuursdienste, mnr. Piet Bezuidenhout, het transitorowers verlede jaar landswyd bykans 500 keer landwyd toegeslaan. Volgens mnr. Bezuidenhout is sedert die Tweede Wêreldoorlog nog net agt mense in die transitobedryf in Engeland doodgeskiet. “In Suid-Afrika word sowat 50 wagte per jaar doodgeskiet”, het hy gesê.

• Landbouskuld op rekordvlak: Volgens Graan SA en die Landbou Besigheidskamer (LBK) het landbouskuld tot 'n rekordvlak van byna R30 miljard gestyg, grondpryse daal oor 'n wye gebied en het bankrotskappe in die landbou van 1998 af bykans verdubbel. Bankrotskappe in boerdery het bykans verdubbel van 0,4% van boere met skuld in 1998 tot 0,75% in 2000.

• Begrafnisbedryf groei geweldig: Syfers en uitstallings by die Funerex Expo, “ The show to die for” wat in Durban aangebied is, toon dat die begrafnisbedryf in SA geweldige groei beleef. Weens die vigs-pandemie het die sterftesyfer die afgelope vier jaar in baie dele van die land skerp gestyg. Met 'n sterftesyfer van tot 25 uit 1000 per jaar (teenoor die normale syfer van 8 uit 1000) is die bedryf sterk aan die groei, het mnr. Flip de Jager, nuutverkose president van die Nasionale Begrafnisonder-nemervereniging van Suider-Afrika, gesê.

• Office space in northern Jhb: Whereas with the exodus of office dwellers from Johannesburg CBD to the northern suburbs, Sandton in Midrand office space was a year ago very hard to come by, it would now appear that at present the northern areas offer ample office accommodation. According to Domayne Leasing Consultants there is 370 000 m² of vacant office space in the northern suburb of Greater Johannesburg in the area that extends from Parktown to Midrand. This is roughly equal to all the vacant space in Johannesburg CBD and could accommodate the whole of Rosebank, Hyde Park and Dunkeld's office tenants. Ever sought after Sandton now has an oversupply of offices some 94 000 m² available for rental representing a vacancy of about 9%.

• Vigs in landbousektor: Volgens syfers wat op die onlangse jaarkongres van SA Graan te Bothaville bekendgemaak is, gaan vigs in die volgende 25 jaar 'n dramatiese uitwerking op die landbou hê. Reeds teen 2010 kan vigsverwante sterftes in die landbou vyf keer meer as normale sterftes wees en teen 2025 behoort die Suid-Afrikaanse bevolking nie meer te groei nie. Prof. Lawrence Schlemmer, marknavorser, het gesê die Vrystaatse bevolking behoort in die volgende 25 jaar weens veral vigs met 70% te daal - die grootste verwagte daling van al die land se streke. Me. Christina Quattek van ING Barings Bank beraam dat plaasarbeid in Suid-Afrika teen 2005 'n MIV/vigs-besmettingskoers van 23% sal toon. Dit beteken 489 vigssterftes vir elke 100 normale sterftes in dié sektor teen 2010. Volgens me. Quattek gaan die totale SA arbeidsmag teen 2005 weens vigs sowat 6,2% kleiner wees, teen 2010 12,8% kleiner en teen 2015 sowat 18% kleiner. Dr. Jan du Plessis, politieke ontleder, het gesê dat teen 2025 sal Suid-Afrikaners se gemiddelde lewensverwagting weens vigs van 70 tot 35 jaar krimp.

• Daimler-Chrysler SA skitterrend op dreef: Daimler-Chrysler Suid-Afrika (DCSA), wat tien jaar gelede op die punt gestaan het om uit die land pad te gee weens arbeidsonrus, het verlede jaar sy beste prestasie nog behaal en het sy omset sedert 1998 verdubbel van R5,2 miljard tot R12,8 miljard. Boonop staan DCSA op die punt van reusagtige uitvoer wanneer sy nuwe aanleg wat teen 'n koste van R1,5 miljard in oos-London opgerig word, in September vanjaar op volle produksie kom. Die aanleg, waar alle regterhandstuur-motors vir Mercedes se C-klas vervaardig gaan word, sal 40 000 eenhede per maand produseer waarna net 'n kwart vir die Suid-Afrikaanse mark bestem is.

• Witboordjiemisdaad neem skerp toe: Die nasionale direkteur van openbare vervolgings, mnr. Bulelani Ngcuka, het op 'n konferensie oor bedrog in Sandton gesê, waar in 1994 bedrogsake ten bedrae van R1,7 miljard aangemeld is en in 1999 65 000 sake aangemeld is wat saam sowat R8 miljard beloop het. Dit is volgens mnr Ngcuka slegs 'n derde van die werklike aantal ekonomiese misdrywe wat in dié tyd gepleeg is.


Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.