.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Business Pointers >> December 2000 / January 2001


Business pointers :: Sakeflitse


• Conferences' income: In line with worldwide trends for conferences' huge contribution to earnings from tourism, it's estimated that the new Sandton Convention Centre will contribute R500m to SA's tourism earnings in its first year of operation. This estimate is based on the internationally accepted formula that delegates spend four rand in transport, accommodation, shopping, for each rand spent on conferences. The so-called Mice business (meetings, incentives, conferences and exhibitions) is one of the world's fastest growing industries. It is estimated that the industry is worth a staggering US$90bn/year. According to statistics of the International Conference and Congress Association, SA is ranked 21st in the world in terms of international meetings.

• Gauteng's gambling taxes: In its first annual report, Gauteng's Gaming Board says tax collections from casinos in the province average R3,98million a week.

• Welkom munisipale betaalsyfer skitterend: Die Welkomse Stadsraad het verlede maand 'n rekordbedrag van R25 miljoen aan dienstegeld ingevorder en die betaalkoers het tot verby 100% gestyg. Dit is in skrille kontras met verlede jaar dié tyd toe Welkom op die drumpel van 'n Kersfees sonder water en ligte gestaan het. Hoë vlak samesprekings en die ondersteuning van die gemeenskap het baie gehelp om die stad uit sy geldpenarie te red. Die stadsraad het vandeesmaand 'n oorskot van R9 miljoen gehad en nadat rekeninge, salarisse en krediteure betaal is, was die bankbalans meer as R4 miljoen sterk.

• IT salaries higher: Research shows the salaries of IT-related professions in SA increased by 54% over the past four years. This compares with an average of around 30% for all jobs and a 35% growth in the CPI.

• Samba brei uit: Die Bloemfonteinse koopvereniging Samba Koöperatief Beperk het goedkeuring van sy lede verkry om die Noord-Kaapse koopvereniging SAMBA in Kimberley oor te neem. Daardeur verkry Samba 'n bykomende 1 300 nuwe lede met verskeie Samba-lede wat reeds in Kimberley woon. Die koopvereniging het nou sowat 32 600 kaarthouers. Samba het ook na George uitgebrei deur die Eastern Cape Mutual Buyers Association (ECMBA) oor te neem. Samba beklee nou die derde plek in terme van grootte van Suid-Afrikaanse koopverenigings. Die uitgestelde bonus wat einde November aan lede uitbetaal is, is R11 367 000.

• KZN tourism: The KwaZulu-Natal Tourism Authority's annual report shows that last year the industry attracted more than R8bn in consumer spending and contributed 10% to the province's income.

• Nuwe ABSA gebou in Bethlehem: 'n Nuwe ABSA-gebou van bykans R10 miljoen word in Bethlehem op die hoek van Roux- en Kerkstraat opgerig. Die konstruksiegedeelte behoort teen 30 Junie 2001 voltooi te wees en die bank beplan om die gebou in September 2001 te betrek. Al die afdelings van ABSA gaan nou in een gebou wees, met altesaam ses kitsbanke onder een dak. Die nuwe gebou beslaan 3 400 m˛ met glasvoorkoms, drie verdiepings, 50 kantore en ander moderne eienskappe.

• Nuwe mediagroep: Seriso Media Holdings, die mediagroep wat in Julie vanjaar Punt Geselsradio oorgeneem het, het 'n openbare aanbod van 20 miljoen Seriso-aandele teen 100c elk aangekondig. Die groep oorweeg dit om oor sowat 'n jaar sy debuut op die Johannesburgse Aandelebeurs te maak. Seriso beplan om Punt Geselsradio met die aanbod 'n stewiger vastrapplek in die mediasektor te gee. Die groep beplan om op langer termyn verskeie mediaprojekte van stapel te stuur, waarvoor sekere nisgeleenthede in die tydskrifsektor,
e-handel op die Internet en op televisie.

• Indiensnamesyfers: Indien syfers van Statistiek SA en die maatskappy J.P. Morgan vergelyk word, wil dit voorkom asof die huidige totale indiensname-syfer in SA, 10,4 miljoen beloop. Dit sluit in 1,1 miljoen werkers in landbou, 1,9 miljoen in die informele sektor en 6,6 miljoen in die sogenaamde formele sektor.

• Spoornet te veel personeel? Die algemene vragafdeling van Spoornet, wat teen 'n verlies van sowat R115 miljoen per jaar bedryf word, sal sowat 15 000 van sy werknemers se dienste moet beëindig om winsgewend te kan wees, lui 'n verslag van die Britse spoorwegkonsultant Halcrow, wat deur die regering aangestel is om die herstrukturering van Spoornet te ondersoek en aanbevelings daaroor voor te lę.

• Węreldkongres oor bedryfsreg in 2002 in SA: Suid-Afrika het die bod gewen om die konferensie van die World Franchise Council in Mei 2002 aan te bied. Dit sal Suid-Afrika die geleentheid bied om aan die internasionale bedryfsreggemeenskap die potensiaal te toon wat in Afrika bestaan. Die raadsvergaderings word twee keer per jaar gehou en het tot nou toe gewissel tussen Amerika, Europa en die Asiatiese en Stille Oseaan-gebied.
• Botswana hoë groeikoers: Volgens 'n verslag van Standard Bank verwag die regering van Botswana 'n ekonomiese groeikoers van 10% in die huidige finansiële jaar - een van die hoogste ter węreld. Tussen 1994 en verlede jaar het Botswana 'n gemiddelde ekonomiese groeikoers van 5,6% gehad.

• Eskom copper theft alarming: Eskom is reporting that copper theft on it's overhead lines in the central regional of the country is creating an enormous problem. The central region is one of the most affected in the country with a total of 155 reported copper thefts to the value of R1,07 million (scrap value) this year. The biggest problem is on the 88 kV lines in the Kroonstad, Virginia and Duiker areas.

• Tenderwedloop vir taxi's: Die Departement van Handel en Nywerheid het die ses konsortiums wat aan gebied het om die land se grootste voertuigkontrak, die herkapitalisering van die taxibedryf, tot vier te verminder en gaan nou onderhandelings met die oorblywende vier voer om die tenders te verfyn. Die oorblywende vier konsortiums is die Afinta Motorkorporasie, DaimlerChrysler van Suid-Afrika, Iveco en TATA. Die twee tenderaars wat weggelaat word, is die Gaz Joint Stock Company en Kwoon Chung.

• R500 miljoen vir Kimberley:'n Konsortium sakelui van Kimberley het 'n opspraakwekkende beleggingsdeurbraak bewerkstellig toe hulle onlangs die motormonteeraanleg vir Hyundai Motors van die Motor Company of Botswana (MCB) op 'n openbare veiling in Gaberone teen sowat R52,2 miljoen gekoop het. Dié aanleg is die grootste belegging nog in Kimberley en kan groter as Noord-Kaap se hele jaarlikse begroting wees. Nagenoeg 24 000 motors sal jaarliks in die aanleg gemonteer word en etlike honderde werkgeleenthede in Noord-Kaap geskep word. Die stadsbestuurder van Kimberley, mnr. Mac Makune, het 'n sleutelrol in die onderhandelinge gespeel. 50 Ha grond is reeds gratis in Kimberley vir die aanleg uitgewys en bouwerk aan die fabriek begin vroeg in 2001.


Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.