

Current Edition >> Archives Section >> Business Pointers >> 1 - 15 December 2003
Vrystaat - Free State
Unexploited gold in Free State : The Bothaville Gap, situated in the northern Free State between Welkom and Bothaville, is reliably reported to contain gold deposits of around 74 million ounces that have not yet been exploited. Along with the South Deep mine, which has around 78 million ounces of gold, this constitutes one of the largest unexploited gold resources in the world. The current mine design, which came from the prefeasibility study, looks at how to mine 41,6 million ounces from the 74 million ounces available. This exploitation, following the planned incorporation of Avmin with ARM and Harmony, is expected to mean an investment injection of R6 billion to R8 billion into the region.
Phakisa renbaan steeds in weegskaal : Terwyl Vrystaatse provinsiale regeringsbefondsing van die Phakisa renbaan by Welkom eers opgeskort is, maar dat die aanbieding van wedrenne by die renbaan intussen voortgaan, is die langtermyn toekoms van die renbaan steeds in die weegskaal. Onderwyl woon die uitvoerende hoofamptenaar van Phakisa, Bobby Hartslief, reeds geruime tyd in die VSA en bly hy in gebreke om vergaderings by te woon van die Vrystaatse Wetgewer se komitee oor openbare rekeninge om antwoorde te gee oor geldsake in Phakisa se laaste jaarverslag.
Nuwe aanleg in Sasolburg : Die Sasol Groep het die ingebruikneming van 'n reuse akrielsuur- en akrilaataanleg, wat saam met Mitsubishi Chemical Corporation (MCC) ontwikkel word, aangekondig. Die nuwe aanleg, wat in Sasolburg geleë is en reeds in die tweede kwartaal van volgende jaar sal begin uitvoer, sal na verwagting 80 000 ton akrielsuur en 125 000 ton verwante produkte vervaardig.
Sasol's planned Project Turbo gigantic : As South Africa's biggest industrial project in years, Project Turbo of the Sasol group of companies, amounting to R13 billion, is reportedly currently being given the final touches. Related to the government's decision to enforce the introduction of leadfree petrol and low-sulphur diesel in South Africa from 1 January 2006, the first component of Project Turbo is a chemical cracker coupled to a reconfiguration of assets and processes in Secunda for the production of 93 and 95 octane unleaded petrol. In the second component, the ethylene and some of the propylene will be transferred to Sasolburg, where a world-scale low-density polyethylene (LDPE) plant is to be constructed.
Nationaal - National
Skerp mededinging tussen lugdienste in 2004 : Die nuwe geenfieterjasies lugdiens 1Time wat vroeg aanstaande jaar die eerste keer wil opstyg, en sy groot mededinger, kulula.com, is reeds in hewige mededinging betrokke wat betref vlugte tussen Johannesburg en Kaapstad, asook die Johannesburg-Durban-roete. 1Time behoort aan die Suid-Afrikaanse groep Aeronexus, 'n maatskappy by die Johannesburgse lughawe wat daarop fokus om vliegtuie te versien. Afri-source het 'n belang van 75% in Aeronexus, terwyl Million Air Charter die oorblywende 25% besit. Intussen het kulula.com sy vloot met MD82-vliegtuie vervang en sy koste met 30% gesny - met tariewe nou 40% laer as enige mededinger in die land en die versekering dat hul tariewe altyd die laagste sal bly. Inmiddels word daarop gewys dat koste net tot op 'n punt gesny word voordat veiligheid beïnvloed word.
Mica hou aan uitbrei : Die Mica-groep wat die afgelope finansiële jaar nog nege doen-dit-self-winkels in Suid-Afrika geopen het en nou 204 winkels in die land het, het sy verkoopsruimte in Suid-Afrika met 26% vergroot. Voorts het die groep tans 15 winkels in Zimbabwe, 1 in Swaziland, 10 in Botswana, 4 in Namibië en 1 in Mosambiek. Die groep is van plan om binne die volgende vyf jaar nog 70 winkels in Afrika te open.
Te veel mielies : Graan SA sê in 'n mediavrystelling dat produsente aangeraai word om hierdie seisoen 26% minder witmielies en 14% minder geelmielies aan te plant. As gevolg van 'n kleiner as verwagte geelmielie oordragvoorraad, is die beplande afskaling in geelmielies waarskynlik nog voldoende om die binnelandse mark in balans te bring. Wat witmielies betref, indien 'n gemiddelde opbrengs van 2,7 ton per hektaar gestroop sou word, sal meer witmielies beskikbaar wees as die RSA en die BLNS lande se behoefte. Witmielies sal gevolglik uitgevoer moet word, wat weer 'n negatiewe effek op die prys van geelmielies kan hê. Indien die voorgenome aanplantings vir die ander grane sou realiseer, behoort voldoende sorghum vir die binnelandse behoefte geproduseer te word, terwyl ruimte vir groter aanplantings van oliesade en droëbone bestaan.
Internasionaal - International
OECD launches African investment initiative : The Organisation for Economic Co-operation and Developoment (OECD) has launched the African Investment Initiative, which has been developed with African and international partners. This comes in the wake of this years's OECD Global Forum on International Investment (GFII) held in Johannesburg. The OECD stated that there were large unexploited opportunities to promote growth in Africa through co-operative arrangements such as trade agreements and cross border infrastructure. The new strategy on investment for development is designed to provide a platform for mutually beneficial dialogue involving the OECD and non-OECD governments, business, labour, civil society and other international partners.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.