.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Business Pointers >> April 2002


Business pointers :: Sakeflitse


• Węreldbank negatief oor Suider-Afrika: In die jaarverslag van die Węreldbank vir 2001 wat in Washington vrygestel is, word 'n negatiewe scenario oor Suider-Afrika geskets, hoofsaaklik a.g.v. Zimbabwe en die algemene trae węreldekonomie. Oor die geldsake van ontluikende lande voorspel die Węreldbank dat die uitvoermark vir verbruikersprodukte vir die res van die jaar gedemp gaan wees. Afrika suid van die Sahara se groei in die bruto binnelandse produk (BBP) word vir vanjaar op 'n skrale 2,6% geskat. 'n Węreldwye BBP-groeikoers van 3,9% word egter vir 2003 voorspel. Die herstel gaan die sterkste in Oos-Asië wees, met die swakste in Afrika suid van die Sahara, word voorspel. Kommer oor veiligheid en swak vooruitsigte vir die Europese ekonomie gaan toerisme in Afrika en sy uitvoer van dienste verder belemmer. Misdaad in Suider-Afrika en die situasie in Zimbabwe word in die verslag as redes aangevoer vir 'n teleurstellende toerismeseisoen in die streek verlede jaar. Volgens die verslag gaan ontluikende lande met 'n gesonde beleggingsklimaat, 'n doeltreffende beleid, goeie infrastruktuur en duidelike regulasies in die beste posisie wees om bul produktiwiteit te verbeter en buitelandse beleggings te lok.

• Sasol giant in R13bn capex this year: Petrochemical group of companies Sasol is to invest R13,2 billion in total in the financial year 2002/03, R12,2 billion of which will be ploughed into more than 71 projects in Southern Africa, making it the largest individual industrial spender in the region. The biggest of these projects is the Mozambique-South Africa natural gas pipeline worth some $1,2-billion, followed by R3,9-billion to be spent in petrochemicals, and then investments in Secunda, Mpumalanga, valued at nearly R1-billion. Two new local projects in the basic development phase include the Purcarb project and the fifteenth oxygen train project.

• Anglo koop groot hap in Kumba en Avmin: Anglo American het vir die eerste keer ystererts tot sy mynbelange gevoeg deur 'n belang van 9,6% in Kumba Resources te koop, asook 34,9% van Avmin, eienaar van die Beeshoek-ysterertsbronne in die Noord-Kaap. Die transaksies bedra R4 miljard in totaal. Die belang in Kumba is klein en is in die ope mark verkry, maar Anglo het ook die reg verkry om nog 10,5% van Kumba te verkry sodat dit uiteindelik 20,1% van Kumba sal besit. Die waarde van die kontanttransaksie sal uiteindelik R2,4 miljard beloop. Anglo het reeds R1,6 miljard betaal vir die belang van 34,9% in Avmin, die gediversifiseerde myngroep met groot ysterertsbelange reg langs Kumba se reuse-Sishen myn in die Noord-Kaap.

• Sanlam koersverandering: Met die bekendmaking van die finansiële resultate van Sanlam vir die jaar eindigende Desember 2001 blyk dit dat hoewel die bedryfswins in die boekjaar met 21% toegeneem het tot R2,01 miljard, het die wesensverdienste nie teen dieselfde tempo toegeneem nie en het die groep 'n netto uitvloei van R1,6 miljard ervaar. Die uitvoerende hoof, dr. Leon Vermaak, sę die groep gaan hom in die lopende boekjaar daarop toespits om die invloei van geld te verbeter deur nuwe produkte bekend te stel en sy kliëntebasis uit te brei. In die afgelope boekjaar is 25% van die geld wat gelok is, in twee nuwe produkte belę. Sanlam sal sy kliëntedientse dramaties moet verbeter, want in die afgelope vyf jaar het 55% van sy bestaande kliënte nie nuwe produkte by die groep gekoop nie.

• McDonalds brei aggresief in SA uit: Met die opening van sy 100ste restaurant onlangs in Sunnyside in Pretoria het McDonald's ook hul sesde jaar in Suid-Afrika gevier. Die groep het reeds meer as R500 miljoen in die Suid-Afrikaanse ekonomie belę en verwag om 'n verdere R750 miljoen oor die komende drie tot vyf jaar te belę. Die maatskappy se 100 restaurante word in al nege provinsies van die land bedryf. Van die totale aantal winkels is 60 korporatiewe restaurante. Die maatskappy het meer as 5 000 werkers in die land opgelei, insluitende bestuurslede, konsessiehouers en kelners.

• Super besigheidskamer in Kaap: Ten einde beter diens aan Wes-Kaapse sakelui te bied wat aan kleiner Sabek-geaffilieerde besigheidskamers behoort, het die Kaapse Kamer van Handel en Nywerheid en vyf ander Sabek-kamers besluit om saam te smelt om die Kaapse Streekkamer van Handel en Nywerheid te vorm. Met die samesmelting sal dit die grootste enkele sake-onderneming in die land wees wat by Sabek geaffilieer is. Die Kamers wat saamsmelt, is Tygerberg, Helderberg, Boland, Vishoek en Stellenbosch. Die rede vir die samesmelting is om verteenwoordigheid en dienslewering te verbeter, meer sakegeleenthede te ontwikkel en om die personnel by die ses kamers beter op te lei.

• Munisipale en ander skuld aan Eskom massief: Munisipaliteite het einde 2001 nog R277,2 miljoen aan Eskom geskuld nadat skuld van R17,8 miljoen in die voorafgaande jaar ingevolge ooreenkomste afgeskryf is, blyk uit 'n antwoord van mnr. Jeff Radebe, Minister van Openbare Ondernemings, op 'n vraag in die Parlement. Radebe het gesę die totale uitstaande skuld van alle Eskom-kliënte (plaaslike owerhede ingesluit) is R2,12 miljard. Zimbabwiese owerhede skuld R67,3 miljoen aan Eskom.

• Private tronke sluk begroting in: Die nasionale Kommissaris vir Korrektiewe Dienste, Linda Mti, het onlangs aan die Parlement verduidelik dat die grootste gedeelte van die R6,8 miljard wat verlede week in die begroting aan korrektiewe dienste toegesę is, aan die regering se stelsel vir die privatisering van tronke gaan. Altesaam R435 miljoen moet in die huidige boekjaar aan die konsortium wat die eerste twee private tronke, nl. te Bloemfontein en Louis Trichardt, gebou het, betaal word. Dié syfer is meer as die R305 miljoen wat vir rehabilitasieprogramme vir al die Suid-Afrikaanse tronke opsy gesit is. Mnr. Mti het gesę dit beteken dat die regering en die portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste om die bos gelei is met die privatisering van tronke.

• Verdoemende statistiek oor vigs: In 'n onlangse studie van die SA Instituut vir Rasseverhoudings word bereken dat teen 2016 sal daar meer vigsverwante sterftes as geboortes in Suid-Afrika wees. Luidens die verslag is daar sedert die uitbreek van die pandemie in Suid-Afrika ongeveer 500 000 mense dood aan vigsverwante siektes. Teen 2004 kan die aantal vigsverwante sterftes alle ander sterftes oorskry. Dit kan daartoe lei dat Suid-Afrikaners se gemiddelde lewensverwagting teen 2010 van 65 jaar tot 41 jaar kan daal. Terselfdertyd kan die getal sterftes weens MIV/vigs teen 2015 tot 9 miljoen styg.

• Expansion of Durban port: The port of Durban's R1,34 billion development is to confirm its status as Africa's premier container port. Planned to take place over four years, the project is expected to boost the port's container-handling capacity by almost 50%. The projects being planned for 2002 include the widening of Quayside Road, the development of the new rail terminal and the upgrading of workers' facilities. Major infrastructure works for the new back-up area will start only once the quaywall, being undertaken by the National Ports Authority, is completed in 2003. The Durban container terminal currently handles 65% of the country's sea borne container traffic.

• NDC koop diamantmyn by De Beers: New Diamond Corporation (NDC), 'n diamantmynmaatskappy met swart eienaarskap, het pas 'n ooreenkoms geteken om die dormante Kamfersdam-myn en sy mynhope buite Kimberely teen R38 miljoen van De Beers te koop. NDC sę die transaksie bring hulle nader aan hul doelwit om teen 2007 jaarliks 1 miljoen karaat te produseer. NDC en De Beers is reeds vennote in verskeie mynoperasies, waaronder die Marsfonteinprojek in Limpopo.

• Target Mine model mine: The Target Gold Mine belonging to Avgold and situated between the traditional Free State goldfields area and Bothaville, is the first fully mechanized mine in SA and as such a trendsetter. Developed at a cost of R2,3 billion, the new mine is now producing 100 000 ton a month of ore, having achieved full production ahead of schedule and under budget. All 450 employees are skilled, with a minimum entry level of matric.

• Platinum highway progresses: Work on the R2,3 billion Bakwena Platinum Highway linking the Northern and North West provinces with the Maputo Corridor, is reported to be ahead of schedule. The highway will act as an international link joining South Africa to Botswana in the west, and with the N4 East leading to Mozambique. The platinum highway constitutes a 95 km stretch of the N1 from Pretoria northwards to Warmbaths and a 290 km stretch of the N4 running from Pretoria westwards to the Botswana border. This route will require less than 90 km of new construction, as the existing N1 and N4 West highways will simply require expansion. Initial construction works will last about four years until the end of 2005.


Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.